Heiligheid wen
top of page

Heiligheid wen


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Heilige Gees artikel oor heiligeheid en die werking van die Heilige Gees binne ons.
Heiligheid wen

Te veel kere wen sonde in godsdienstiges se lewe. Ek moet eerlik wees, dis nie vir my lekker om gedurig in die koerante te lees van nog ‘n godsdienstige wat een of ander groot misstap begaan het nie. Die Gees verlang heiligheid in ons lewe. Hy verander ons van godsdienstiges tot voltydse, lojale navolgers van Jesus. Godsdiens en ware navolging van Christus is daarom nie een en dieselfde saak nie.

  • Godsdienstiges hou godsdienstige sisteme ten alle koste in stand. Navolgers van Jesus hou verhoudings ten alle koste in stand.

  • Godsdienstiges hou streng wette bo alles in plek. Navolgers van Jesus sorg dat genade bo alles triomfeer.

  • Godsdienstiges sien die kerk as ‘n vaste instelling. Navolgers van Jesus omskep die kerk in ‘n beweging, wat ander dien. Navolgers gee Jesus-momentum aan kerkwees.

  • Godsdienstiges soek veiligheid ver weg van sondaars af. Navolgers van Jesus soek heiligheid te midde van sondaars en omhels hulle met Sy liefde.

  • Godsdienstiges soek dieselfde antwoorde oor en oor. Navolgers van Jesus vra nuwe vrae en bedien die wêreld met vars antwoorde.

  • Godsdienstiges veroordeel. Navolgers van Jesus vergewe. Godsienstiges skryf af. Navolgers van Jesus vergeef en begin oor, want die Gees stort sy vergifnis in hul harte uit.

Gebed: Jesus my Heer, maak my van harte ‘n navolger van U. Amen

bottom of page