God vra nooit hoe gaan dit nie. Hy weet!
top of page

God vra nooit hoe gaan dit nie. Hy weet!


Mense vra graag vir mekaar: “Hoe gaan dit met jou?”  God doen dit nooit nie, want Hy weet. Hy het al die feite tot Sy beskikking. Daarom vertel Hy sommer uit die staanspoor in Psalm 1 vir mense hoe dit met hulle gaan. Vers 1 begin immers met hierdie einste woorde. Daardie bevoorregte groep mense met wie dit goed gaan in God se oë, is hulle, wat nie rondsit in die geselskap van ligsinniges nie. Of wat rondstaan tussen sondaars nie. Of wat die raad van bose mense volg nie. Psalm 1 vertel ook dat dit goed gaan met mense, wat die Here se woord dag en nag oordink en wat Sy wet liefhet. Hulle geniet God se woord. Dit oorstroom hulle ganse lewe met genade en goedheid. Sulke mense is soos ’n boom, wat stewig by waterstrome geplant is. Hulle dra op die regte tyd vrugte, wat God verheerlik.

God se pad waarop jy nooit kan verdwaal nie, is ’n pad waar dit altyd goed gaan. Sorg asseblief dat jy vanjaar deel is van hierdie bevoorregte groepie mense met wie dit gebeur. Leef op so ’n manier dat God ook sê dat dit goed met jou gaan.

bottom of page