Verander 2024 in ’n voorspoedige nuwe jaar
top of page

Verander 2024 in ’n voorspoedige nuwe jaar


Ek gaan nie wag vir ander mense, of vir beter omstandighede om van 2024 ’n voorspoedige jaar te maak nie. Ek gaan self inspring om beter dae te skep. Ek gaan sorg dat dit in 2024 seën reën. Hoe?

  • *  Ek gaan elke dag die Woord oordink, soos wat Psalm 1 leer. Ook gaan ek elke dag die Ons Vader opreg bid, soos wat Jesus my leer.

  • *  Ek gaan elke dag in die Here se Naam iets opbouend vir iemand anders doen - ’n bemoedigende woord, ’n gebed, ’n hand op die skouer, ’n stukkie brood, ’n paar rand … Ek gaan in 2024 regtig meer vrygewig leef. My hart, my hande, my beursie en my lewe gaan nog ruimer vir ander oop wees. My leuse vir 2024 gaan wees: Increase your standard of giving, not your standard of living.

  • *  Ek gaan elke dag my fokus verskuif na alles, wat reg is op God se front, eerder as na alles rondom my, wat verkeerd is. Ek gaan nie heeltyd agterna kla oor slaggate, kragonderbrekings, korrupsie en ander moeilikhede nie. Ek gaan eerder doen wat ek kan om dinge te herstel en om ander mense te inspireer om dieselfde te doen.

  • *  Ek gaan elke dag saam met die Here en ander mense rondom ’n beker koffie of tee feesvier. My etenstafel gaan ’n feesplek wees. Ek gaan Prediker 9:7 naleef deur my brood met vreugde te eet, want ek weet dat God ook vreugdevol oor my is.

bottom of page