Slegs die Here kan in 2024 ons eie “reset”-knoppie druk
top of page

Slegs die Here kan in 2024 ons eie “reset”-knoppie druk


Die jaartelling het verwissel. Ons het aanbeweeg vanaf die Oujaar na die Nuwejaar. Nie een van ons het in 2023 agtergebly nie. Maar 2024 begin nie met ’n silwerskoon bladsy nie. Januarie-maand het toe nie ’n outomatiese “reset”-knoppie by ons elkeen afgelewer nie. Dit is steeds dieselfde ons, wat hierdie nuwe jaar moet binnestap. Of is dit?


Die enigste manier hoe om 2024 anders te laat gebeur, is om toe te laat dat die Here ons deur Sy Geesverander. Ons kan nie onsself verander nie, al dink baie mense hulle kan. Hulle Nuwejaarsvoorneme was juis om hierdie jaar ’n beter mens te wees. Maar hierdie “beter mens”-sindroom hou nie lank nie, want hulle enigste kompetisie is hulle ou self. Die enigste blywende verandering in ons lewe gebeur, wanneer die Here ons verander, soos wat Hy in 2 Korintiërs 3:18 beloof om te doen. Hyself moet daardie “reset”-knoppie in ons lewe druk. Daarom moet ons Hom toelaat om te doen wat net Hy kan doen, naamlik om ons te verander vanaf doksa tot doksa, vanaf heerlikheid tot heerlikheid. Dan sal ons in 2024 in ons liefde vir Hom en ander groei. Dan gaan ons nie dieselfde mense as dié van verlede jaar wees nie.

bottom of page