Gejaagdheid – is dit God se plan vir my lewe?
top of page

Gejaagdheid – is dit God se plan vir my lewe?


“You must ruthlessly eliminate hurry from your life.” - Dallas Willard

In die boek Through the Looking Glass van Lewis Carroll, hardloop Alice (die dogtertjie in Alice in Wonderland) hand aan hand saam met die Rooi Koningin. Hulle hardloop albei so vinnig dat Alice moeilik bybly. Tog hou die koningin aan skree: “Vinniger, vinniger!” Alice probeer haar bes om by te bly, maar sy kan nie vinniger nie.

Toe hulle uiteindelik tot stilstand kom, sien Alice dat hulle die hele tyd onder dieselfde boom was. “Natuurlik is dit so. Wat het jy verwag?” antwoord die koningin.

Jy sien, jy moet so vining hardloop as wat jy kan om op dieselfde plek te bly. As jy iewers anders wil kom, moet jy minstens twee keer so vinnig hardloop!”

Soos die rooi koningin en Alice hardloop ons vandag vinniger en vinniger om iewers te kom. Die eise om langer ure te werk, is ‘n alledaagse gewoonte. Ons dagboeke is oorvol en ons naweke nog besiger, vir ons en ons kinders. Alhoewel ons ryk is aan materiële besittings, is ons arm aan tyd.


Gejaadheid stroop my van my verhouding met God. Daar is niks mee verkeerd om besig en produktief te wees nie, maar om altyd gejaagd te wees sonder gereelde rustyd in die vooruitsig, is geestelik, liggaamlik en verstandelik ongesond.


God het ritmes van werk en rus in die skepping ingebou. Hyself het ses dae gearbei en die sewende dag gerus. So ook het Hy in die Tien Gebooie die sewende dag as Sabbat verklaar, waarop die Israeliete en hul arbeiders moes rus. Jesus het, ten spyte van ‘n besige aardse roeping, tyd gemaak om in stilte afgesonder en alleen in gebed te wees. Hierdie kosbare tyd het Hom versterk en toegerus om met Sy reddingswerk te kon voortgaan. Hy moedig Sy dissipels en ons aan om dieselfde te doen.

Al was Jesus besig, was Hy nooit gejaagd nie. Hy het geweet dat Sy tyd hier op aarde beperk was, maar nog steeds het Hy van dorp tot dorp gestap. In die stap kon mense, wat Hom nodig gehad het, by Hom aansluit en om hulp vra. Hy het kinders verwelkom en kon stilstaan by mense, wat genesing en vertroosting nodig het.


Wanneer ek gejaagdheid uit my lewe elimineer en besige tydperke met rus in Sy teenwoordigheid balanseer, kan ek weer fisies en geestelik asem skep, kan ek versterk en toegerus met my Hemelse opdrag voortgaan.


Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.” Hulle het met 'n skuit na 'n stil plek toe vertrek, waar hulle alleen kon wees. – Markus 6:31 AFR83.


bottom of page