Geen verskonings nie
top of page

Geen verskonings nie


Lees 2 Korintiërs 3:5


Verskonings is so oud soos die paradys self. Jy onthou mos Adam se woorde: “Dis Eva se skuld.” Eva weer het gesê: “Dis die slang se skuld.” En die slang het toe geen voet gehad om op te staan nie! Sedertdien neem mense moeilik die “krediet” as hulle die slag droogmaak. Dis altyd iemand anders se skuld. Die jongste verskoning is: “Ek het dit nie regtig so bedoel nie.” Blykbaar dink mense hulle kan wegkom met enigiets as hulle net na die tyd erken hulle het nie eintlik bedoel om dit te doen nie. Miskien beteken eerlikheid, daardie soort wat die Here van my vra, dat ek regtig verantwoordelikheid aanvaar vir al my woorde en dade. Dis immers tog ek wat dit sê en doen. As ek verkeerd sê en doen, dan vra ek om verskoning. God is genadig genoeg om my te vergeef. Ongetwyfeld sal ander mense dit ook doen.


Daar’s egter nog beter nuus: ek hoef ook nie meer heeltyd agter flou verskonings oor my struikelings weg te kruip nie, want ek kan mos nou doen wat God wil hê. Hy stel my in staat om dit te doen. Nee, ek kan dit nie uit my eie doen nie. Uit my eie krag is ek te swak om God tevrede te stel. Maar wanneer die Gees my bekwaam maak, dan kan ek God se wil doen. Dan kan ek Sy hart bly maak.


Gebed:

Dankie, Heer, dat my bekwaamheid in Uself setel. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page