Nie meer klip nie, maar vlees
top of page

Nie meer klip nie, maar vlees


Lees 2 Korintiërs 3:3b


Nie meer klip nie! Dis God se aangrypende boodskap met die Gees se koms. In die Ou Testamentiese era was klip God se vernaamste skryfmateriaal. Vra maar vir Moses. Maar klip is baie hard. ‘n Mens skryf moeilik daarop. Net so hard was die harte van daardie mense, wat die wet by Moses gehoor het. Wat ‘n slegte kombinasie dus: ‘n klipwet en klipharte! Dit meng nie te maklik nie, veral as diegene met klipharte boonop nog klipkoppe ook het. Geen wonder dat die wet in die Ou Testament nie blywende heil kon verseker nie. Al was dit wonderlik en vol heerlikheid, het dit mense steeds nie bevry nie. Natuurlik was dit net hulle eie skuld. Hulle harde harte het veroorsaak dat hulle nie heelhartig voor God gebuig het nie.


Die Gees het dit alles kom regstel. Hy het hierdie keer veel beter skryfpapier gebruik as daar in die Ou Testament - ons eie harte. Ons is nou Sy nuutste materiaal, nie meer dooie klippe nie. Nou is daar hoop, want die Gees skryf Sy nuutmakende werk nou dag vir dag oor op ons hart se sagte, ontvanklike tafels. Nou kan ons doen wat God sê. Nee, nou wil ons, want die Gees se skrywery hier binne-in ons maak dat ons niks anders wil doen as om Hom bly te maak nie.


Gebed:

Skryf met vrymoedigheid op my hart wat U daar wil hê. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page