Gee jou lewe lig, Jesus S’n
top of page

Gee jou lewe lig, Jesus S’n


“Die kamera is altyd op ons,” sê sy. “Hoe bedoel jy?” vra ek. “Ander mense se oog is altyd op ons.” Net so. Ek kon nie anders as om met haar saam te stem nie. Mense kyk mekaar gedurig uit. Of ons nou ry in die verkeerry en of ons iewers in ‘n tou staan - ander sien heeltyd raak wat ons doen. Ons is gedurig in mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself ook nie aan elke liewe kyk te steur nie, anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.


Aan die ander kant moet ons besef ons eie lewe is oop en bloot voor die Here. Vir mekaar kan ons dalk nog sekere dinge wegsteek, maar definitief nie vir Hom nie. Ons kan nooit in die donker leef, terwyl die Lig van die wêreld hier in ons eie omgewing skyn nie. Daar is dus net een goeie medisyne vir enige donkerte in onsself - ons moet dit lig gee, Syne! Ons moet gedurig na die ware lig toe kom, soos wat Johannes 3:21 leer. Jesus is hierdie ware lig. Om in Hom te leef, is om te weet Sy genadige oog is op ons. Hy sien ons altyd in liefde raak.

bottom of page