Speel daardie twee geloofkaarte reg
top of page

Speel daardie twee geloofkaarte reg


Jy moet die hand speel wat vir jou uitgedeel is. So lui die spreekwoord. Dit behels dat jy moet weet watter kaarte is in jou hand is en wat die beste opsies daarmee is. Jou eerste speelkaart is dat jy ’n voltydse geseënde kind van God is. Dalk het jy hierdie wenkaart laat val, omdat jy afgeleer het om jou oog op Sy voltydse goedheid te hou. Staak dit. Moenie net fokus op alles, wat skeefloop nie. Psalm 37 sê jy moenie jou kop breek oor al wat ’n skelm is nie. Woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here. Hy sal op Sy eie maniere vir jou sorg. Hy sal jou hart vul met al die regte hemelse skatte.


Die tweede speelkaart in jou hand is dat jy ’n lewende seën van een is. Jy maak ander se lewens ryker en voller deur jou gebede, jou omgee, jou hier wees. Jy beliggaam hoop daar waar jy loop. Jy bring vrede, die Here se soort. Jy is deel van die Here se antwoord op jou eie en op ander se gebede. Jy maak ‘n lewende verskil van een. Speel en leef hierdie twee geloofkaarte elke dag. Dan leef jy reg.

bottom of page