Gawes word gebruik tot voordeel van ander
top of page

Gawes word gebruik tot voordeel van ander



Die tweede beginsel wat ter sprake is as Paulus oor die gawes van die Gees praat, is dat gawes altyd tot voordeel van ander mense gebruik word. Ek speel nie meer die hoofrol in my eie lewe sedert ek ‘n Christen geword het nie. My gawes is nie daar vir my eie gebruik of vir my eie voordeel nie. Ek is uitgeskryf uit hierdie rol. En ek het heelhartig saamgestem dat dit gebeur. Nee, ek wil nie meer die sentrum van my eie bestaan wees nie. Daardie plek het die Here lankal oorgeneem. En ander mense.


Die gawes wat die Here aan my gegee het, maak dat ek gedurig uit my eie pad staan sodat Sy lig kan skyn in ander se lewe. Ek wil nie meer die middelpunt van die aandag wees nie. Daarom gebruik ek my gawes sodat ander kan skitter in God se teenwoordigheid. As ek kan preek, doen ek dit na die beste van my vermoë sodat ander in hulle geloof in Jesus opgebou sal word. Wanneer ek goed kan sing, stel ek my stem tot beskikking van die Here sodat ander Sy genade kan hoor. En as ek goed is met tegniese dinge, help ek medegelowiges, wat nie in staat is om self hul motors of huishoudelike aparate in stand te hou nie. Dit maak nie saak wat my gawes is nie, dis daar tot voordeel van ander!


Gebed:

Heer en God, laat U lig in en deur my skyn vir ander.

bottom of page