Kry jou kop reg
top of page

Kry jou kop reg



Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom. Dink maar aan daardie “donkerkant-eerste-raaksieners”. Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy ‘n paar van hul geliefde uitdrukkings: “Waar gaan alles heen?” Of: “Dis klaar met ons!” Wat van daardie immergroene, wat deesdae weer orals kop uitsteek: “Hier’s g’n toekoms meer nie!” As dit dalk jou soort taal is, dan’s dit hoog tyd dat jy jou kop vars instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig. Net dit. Dis regtig so eenvoudig én so lewensveranderend soos dit. Dan maak Hy ons harte op Sy beurt vol met Sy Gees. Dan dink en praat ons oor Christus tot eer van Sy Gees.


Ons moet ‘n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry. Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op Sy reispad te stap en as ons Sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink. Vul jou kop nou dadelik met die regte dinge… nee, vul dit met die regte Persoon! Dan is jou lewe oorvol. Dan maak sy Gees jou terselfdertyd bewus van almal, wat na Hom smag sodat jy hulle met jou gawes kan dien.


Gebed:

Rig my hart op U, Christus. Laat my gedagtes en woorde vir U mooi wees. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page