Jy is die Heilige Gees se spesialisasie terrein
top of page

Jy is die Heilige Gees se spesialisasie terrein


Die drie-enige God is in die lewensveranderingsbedryf. Dit alles begin by die God van liefde. Hy wil Sy verlore aardse eiendom vir Homself terughê. Dit is hoekom Jesus graag bankrot mense se lewens kom opkoop. Meer korrek gesê: Hy kom red verlore mense. Daarom is sondaars altyd en orals op Sy radarskerm. Jesus soek God se verlore eiendom op, koop hulle terug en verlos hulle. Hierna gee Hy diegene, wat Hy vrygekoop het, oor in die hande van die Heilige Gees. En, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 6:19-20 skryf, die Gees spesialiseer op Sy beurt in tempelbou! Hy omvorm mense, wat verlos is, se lewens tot lewende tempels, waarin die Allerhoogste met groot vrymoedigheid kan woon.


Om in die hande van die Gees te wees, is om in die hande van Hom te wees, wat ons lewens dag vir dag nuut maak. Hy is gedurig besig om ons woorde en dade en gedagtes aan te raak en te verander om God te verheerlik. Hy maak ons harte sagter om die Here en ander mense lief te hê. Hy maak ons nederig. Hy vul ons lewens met integriteit. Laat toe dat dit vandag ook in jou lewe gebeur.

bottom of page