Ek wag nie passief op die volgende vlug hemel toe nie
top of page

Ek wag nie passief op die volgende vlug hemel toe nie


Jesus het ons nooit weggewens uit die wêreld nie. Nog minder het Hy ons uit die wêreld weggebid. Dit leer ons uit Sy gebed kort voor Sy kruisiging in Johannes 17. Hier in vers 15 bid Jesus as volg: “Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.” Nee, Jesus wil nie hê dat ons passief in een of ander geestelike wagkamer moet rondsit en wag op die volgende vlug hemel toe nie. Hy bid ons terug na die lewe toe om Sy getuies hier te gaan wees.


Jesus weet ons kan betekenisvol leef in die wêreld, want Hy het ons almal in Sy gebed in Johannes 17 toevertrou aan God se sorg (vers 9). In dieselfde asem het Hy ook vir Sy Vader gevra om ons in Sy Naam te bewaar (vers 11). Wel, hier is spesiale goeie nuus: Jesus se gebed is toe verhoor! Ons elkeen, wat in Hom glo,se lewe is nou veilig in die Here se hand. Ons is veilig van nou af tot in ewigheid. Daarom leef ons met oorgawe en geloof. Ons leef die hemel elke dag terug aarde toe.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page