God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie
top of page

God is regtig tevrede met jou, al deel party mense nie Sy gevoel nie


Jy stem gedurig saam met almal. Jy sê nooit nee vir enigiemand nie. Jy maak niemand kwaad nie. Jy vermy konflik ten alle koste. Jy hou mense tevrede. As dit bekend klink, is jy dalk besig om ’n “people pleaser” te word. Dan voel jy net goed as almal van jou hou, maar dan het jy slapelose nagte, indien een of twee mense jou kritiseer. Moenie dat so-iets met jou gebeur nie.


’n Gesonde manier van leef is geanker in die wete dat God tevrede met jou is. Jy weet die brug tussen die hemel en terug is reeds by Golgota herbou. God se vrede het in jou lewe gewen. Daarom hoef jy nie meer aan ’n string hemelse prestasiemetings te voldoen om Sy oog te trek nie. Jy is een van Sy geliefdes. Daarom het jy nie almal se goedkeuring nodig nie. Jy mag nee sê vir mense. Dit is nie die einde van die wêreld as jy mense soms teleurstel nie. Of as jy nie voldoen aan hulle verwagtings nie. Die Here het jou geroep om ander dienend lief te hê, maar jy is nooit verslaaf aan hulle positiewe reaksies of goedkeuring nie. Jy is ’n kind van God. Vir Hom sê jy altyd ja, maar nie vir hulle, wat onbillike verwagtings van jou koester nie.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page