Ek sien nie kans hiervoor nie
top of page

Ek sien nie kans hiervoor nie


Stephan Joubert skryf in sy nuwe Goeie Nuus oor drie goed waarvoor hy nie kans sien nie.
Ek sien nie kans hiervoor nie
  • Ek sien nie kans om een stel waardes te hê vir my geestelike lewe en nog ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Dit is te veeleisend. Nog erger, dit is skynheilig. En die heel ergste, dit staan God glad nie aan nie. Dit is glad nie wat Hy van my verwag nie.

  • Ek sien nie kans om ‘n voorvegter vir die waarheid te wees, maar in dieselfde asem verneder ek almal wat nie soos ek glo of dink nie. Ek stoomroller nooit liefdeloos bo-oor ander mense nie. Ek verskil met integriteit, indien dit nodig is. Nee, ek skaam my nie oor die evangelie nie, maar ek tree ook nie so op teenoor ander dat Jesus Hom vir my moet skaam nie. Ek wil eerlikwaar nie meer godsdienstig raak, maar minder liefdevol nie. Of meer twisgierig wees nie. Ek wil ook nie meer weet van alles wat verkeerd is in die wêreld, maar intussen loop ek alles mis wat goed en reg is op God se pad nie. Ek is Jesus se getuie en dit doen ek stylvol en waardig.

  • Ek sien nie kans om halfhartig te glo of te leef nie. Ek wil regtig ervaar Jesus is my hele lewe. Ek wil Hom van harte dien. Ek wil nog meer uitblink in kleiner dinge vir die Here. Ek sien nie kans om dit te doen met ‘n groot geraas nie. Ek wil Christus dien sonder ’n bohaai. Ek wil meer omgee vir mense wat my pad kruis. En ek wil meer diensbaar wees. Ek wil nie gedurig op soek wees na erkenning vir my diens aan die Here nie. Die Here se goedkeuring is al wat groot punte tel hier in 2021.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page