Verandering is permanent
top of page

Verandering is permanent


In sy nuwe Heilige Gees artikel skryf Stephan Joubert oor die permanente verandering wat God se Gees vir ons bring
Verandering is permanent

Na Paulus se tragiese beskrywing van sommige Christene se gedrag jeens mekaar in 1 Korintiërs 6:1-8, vertel hy hoe God in ons almal, wat gewas is in die bloed van die Lam, se lewens kom ingryp het. Nou is ons van ons tone tot by ons krone oorgemaak, nuutgemaak, gekoop, afgesonder en eenkant gesit vir die Here. Nou het die Gees ons kom verander tot die permanente uitstalvenster van die Here se genadegawes. Nou is ons anders, nuut, vars!

Ons wat deur die Gees vervul is, is omtrent soos in daardie “before and after” advertensies. Vroeër was ons die ene vuilheid, nou is ons silwerskoon. Vroeër het ons slegte dinge aangevang, nou doen ons heilige chaos in die Here se Naam! Nou is ons gewas. Ook is ons geheilig en afgesonder. Ook is ons geregverdig en vrygespreek in die Naam van ons Here, Jesus Christus. Sjoe, wat ‘n splinternuwe begin! Wat ‘n fenomenale voor begin! Is ons nuut, of wat? Is ons vry om die Here met oorgawe te dien, of nie? Ja, ons is in die hande van die Gees van ons God! Nou leef ons nie meer soos vroeër nie. Sonde is nie langer ons baas nie. Ook nie slawerny of donkerte nie. Ons is in die Beloofde Land. Die Here trek voor ons uit. Ons volg Hom tree vir tree.

Gebed

Wat ‘n vreugde om deel van U nuwe wêreld te wees, drie-enige Heer. Aan U al die eer! Amen.

bottom of page