Ek krimp my volgafstand
top of page

Ek krimp my volgafstand


“Hou jou volgafstand.” Hierdie woorde lees ‘n mens dikwels op kennisgewingborde langs die pad. Met ander woorde: moenie te naby aan die voertuig voor jou op die pad ry nie. Dit is gevaarlik. Wanneer dit egter oor geloof gaan, moet ons juis die teenoorgestelde doen. Dan moet ons ons volgafstand krimp. Dit is presies ook wat ons elkeen in hierdie nuwe jaar gaan doen: ons gaan die Here van naderby volg. Ons gaan nog nader as verlede jaar aan Hom loop. Ons gaan so naby aan die Here loop dat Sy lig ons lewenspad elke dag verlig en dat Sy skaduwee heeltyd vir ons skuiling teen die hitte en gevare van die lewe bied.


Dit is die Hebreërboek, wat ons mooi leer hoe om naby aan die Here te leef. Hebreërs 2:1 sê by name ons moet nooit van Hom af wegdryf nie. Dit sal nooit gebeur as ons aan die waarheid vashou, wat aan ons bekendgemaak is nie. Hebreërs 3:12 sê ons moenie toelaat dat ons hart vol booshede raak nie. Dan sal ons van die lewende God af wegloop en ophou om Hom te dien. Ook mag ons nooit lui raak om te glo nie (6:12). Of ons vaste vertroue in die Here verloor nie (10:35). Of ons rug draai op God nie (12:25). Hebreërs roep ons op tot getrouheid en volharding in ons geloof. Dan krimp die volgafstand tussen God en ons.

bottom of page