Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie
top of page

Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief oor die gevaar om 'n verbruikerslaaf te word.
Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie

Die Engelse praat van “affluenza.” “Eindelose oordaad” sou dalk ‘n gepaste Afrikaanse ekwivalent wees. “Affluenza” word graag deur kritici gebruik, wanneer hulle na daardie eindelose verbruikersmentaliteit of “consumerism”, waarin ons wêreld vasgevang is, verwys. In teenstelling met die beroemde Franse filosoof, René Descartes, wat op sy dag gesê het: “Ek dink, daarom is ek,” sê baie mense vandag:

“Ek verbruik, daarom is ek!” “Homo consumericus,”

oftewel die verbruikersaangedrewe mens is in ons midde!


Ek kom agter hierdie einste virus is ook in my eie omgewing aan die werk. Ek is nie altyd ewe tevrede met dit wat ek het nie. Daar’s gereeld nog iets wat ek kortkom om gelukkiger te moet wees. Die groot gevaar is dat my identiteit en geluk later afhanklik raak van al my goeters, van al my “stuff.” Wanneer dít gebeur, is ek ’n tipiese “affluenza”-slagoffer. Ek moet elke dag bid dat die Here my hiervan sal bewaar. Ek moet elke dag beleef en glo dat Hy my lewe van hoek tot kant volmaak met Sy goedheid. Die Here se nabyheid in my lewe is die geneesmiddel vir hierdie dodelike gevaarlike virus. As ek weet en bely Hy is die Goeie Herder, dan kom ek regtig niks kort nie.

bottom of page