Ek het méér as genoeg
top of page

Ek het méér as genoeg


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief oor hoe om te weet of jy méér as genoeg het.
Ek het méér as genoeg

Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger gaan maak nie: “Money doesn’t make you happy. I now have $50 million, but I am just as happy as when I had $48 million.” Wel, daar het jy dit! Daardie ekstra twee miljoen gaan toe nie jou geluk laat toeneem nie! Soos die jongmense hieroor sou sê: “Whatever!”


Hoe kry ons die grens tussen “ genoeg is genoeg” en “nog meer” in plek, solank as wat ons slegs in geldterme hieroor dink? Hoekom meet ons altyd “genoeg” net aan geld? Of aan besittings? Wanneer vat ons God regtig op Sy woord dat Hy ons Hemelse Vader is, wat vir ons alles gee, wat ons nodig het? Hy is immers ons Herder, soos wat Psalm 23 vir ons leer. Daarom dat Dawid ook hier kan sê dat hyself niks kortkom nie, omdat die Here sy herder is. Hy het oorgenoeg van al die regte dinge: Hy ken die Here op die Naam. Hy beleef Sy hemelse goedheid. Hy beleef Sy ewige genade en trou in oorvloed. Wel, om die Here so te ken, is om oorgenoeg te hê. Dan is jou lewenstafel oorlaai met God se goedheid en guns. Dan is al jou dae hier op aarde ’n fees. Dan is jy vir altyd tuis by die Here. Dan het jy regtig meer as genoeg.

bottom of page