Een met die Here
top of page

Een met die Here


In sy nuutste Heilige Gees artikel skryf Stephan Joubert oor hoe'n lewe lyk wat een is met God.
Een met die Here

1 Korintiërs 6 is ‘n aangrypende hoofstuk. Dit vertel van die slegte dinge, wat daar in die Korintiër-gemeente gebeur het, soos dat sommiges hulle opgehou het met prostitusie. Dit het Paulus baie omgekrap. Daarom dat hy nou ‘n groot geestelike beginsel vir hulle leer, naamlik dat as Jesus jou gekoop het en die Gees sy intrek in jou lewe geneem het, dan is jy een met die Here. Dan is jy lewenslank Syne. Dan behoort nie net jou siel aan Hom nie, maar ook jou liggaam. Daarom dat jy nie meer met jou lyf kan maak wat jy wil nie. Jou liggaam staan nou onder permanente hemelse bestuur. Dis die Here se eiendom.

Om jouself aan seksuele sondes skuldig te maak, soos dié wat blykbaar in Korinte gebeur het, is om jou liggaam, wat die Here s’n is, weg te gee. Dis om die onbreekbare band tussen God en jou te verbreek deur ‘n derde persoon onwettig in hierdie heilige eenheid in te laat. Seksuele immoraliteit is ‘n ligaamsonde, sê Paulus hier. Dit verbreek jou liggaamlike band met die lewende God. Daarom dat die apostel in vers 18 skryf dat ons hiervan moet wegvlug, soos ‘n Josef van ouds. Hoe? Deur te besef ons is ‘n tempel van die Heilige Gees. Hy woon en werk nou in ons. Ons is sy eksklusiewe besit.

Gebed

Maak my lewe rein en skoon van enige verslawing aan slegte dinge, Heer. Doen dit deur U Gees se kragtige werk. Amen

bottom of page