Dit vat alles
top of page

Dit vat alles



Die liefde, wat die Gees in ons harte werk, swem teen alle strome in. Wanneer ander die handdoek ingooi, stap die liefde verder. Wanneer almal van die skip afspring, bly die liefde aan boord tussen al die sterwendes en gewondes. Wanneer almal sê dis klaar met ons, sien die Here se soort liefde die klein straaltjies van hoop, wat vanuit die hemel in ons donkerte bly skyn. Die liefde kan onreg verdra en nogtans glimlag. Dit kan uitgeskel en beledig word en steeds in sagtheid antwoord. Die Here se liefde, wat in gewone mense gedy, verander hulle in sagte, liefdevolle, vergewensgesinde mense. Dit maak hulle oë sagter en hul hande vol van genade.


Wen die Gees se liefde in jou lewe? Gedy ander in jou teenwoordigheid? Bied jy veiligheid teen die woeste storms van die lewe, of vlug mense ook maar van jou af weg? Wel, dan is dit tyd dat jy en die Here dit uitpraat. Dan is dit tyd dat jy Hom toelaat om jou lewe uit te plavei met Sy Gees se liefde. Laat Hy jou lewe vul en oorstroom sodat ander ook deel van hierdie oorvloed in jou kan proe en ervaar, want God gee altyd te veel weg. Ook Sy liefde gee Hy in oormaat weg. Kom haal jou porsie vandag. Dit wag nog op jou daar aan die Here se voete.


Gebed:

Asseblief, Heer, laat U liefde in strome in my lewe invloei. Amen

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page