Staan op... uit jou gemakstoel
top of page

Staan op... uit jou gemakstoel



Niemand het nog ooit vanuit ‘n gemakstoel die wêreld andersom laat draai nie. Dis juis diegene, wat kies om uit hul geriefstoele op te staan en stroomop in plekke in te stap wanneer die res daaruit vlug, wat van die wêreld ‘n beter plek maak. Gemakstoele skep selfsugtige harte. God is egter op soek na mense, wat uit hulle gevaarlike gemakstoele opstaan en vir diens by Hom aanmeld. Hy soek manne en vroue, jonk en oud, wat bereid is om elke dag een gebed vir iemand anders te bid, of een SMS van bemoediging te stuur, of een besoek af te lê, of vir een persoon van Sy Seun se liefde te vertel. Nou ja, wat’s jou keuse as Hy vandag aan jou gemakstoel kom skud?


Moenie so arrogant wees om net vir jouself te leef nie. Staan op ... uit jou gemakstoel! Moenie net jou eie selfsugtige drome en ideale vandag laat seëvier nie. Pak hulle weg. Kies om te verander vir ander. Kies om ander mense vandag met deernis te behandel. Pak jou irritasie, eie eer, selfsug en selfbeheptheid ‘n slag diep weg. Staan op uit jou gemakstoel en dien ander met die liefde van die Here, anders is al jou geestelike gawes net een bondel wind. Anders is al jou gepraat oor die Here net vroom lippetaal, wat geen effek het nie.


Gebed:

Here laat my vandag vanuit my gemakstoel opstaan om ander mense lief te hê. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page