Dit gaan oor die regte keuses én die regte dade
top of page

Dit gaan oor die regte keuses én die regte dade


Dit is nie elke dag maklik om ander mense lief te hê nie, selfs nie eens die oulikes nie. Soms irriteer mense jou. Partykeer werk hulle op jou senuwees. Dan hoor jy in die Bybel jy moet nie net vir hulle nie, maar ook nog daardie mense lief hê, wat jou seermaak en wat jou indoen. Die Bybel omskryf sulke mense as jou vyande. Hoe op dees aarde kry jy dít reg? Ten minste moet jy weet dat sulke liefde nie op goeie gevoelens geskoei is nie. Dan sou Jesus tog nooit gesê het jy moet jou vyande lief hê, terwyl hulle nog jou vyande is nie.


Die Nuwe Testament sê nooit jy moet wag totdat jy oor jou vyande goed voel, voordat jy vir hulle begin omgee nie. God se liefde gebeur reg wanneer jy weier dat negatiewe gevoelens oor ander mense in jou hart seëvier. Bybelse liefde gaan heel eerste oor die regte ingesteldheid en die regte dade. Paulus skryf in Romeine 12 juis dat as jou vyande honger is, dan gee jy vir hulle kos. As hulle dors is, gee jy vir hulle water. As hulle jou beledig, dan beledig jy nie terug nie. Só wen egte en regte liefde.

bottom of page