Dienswerk: soms die “stiefkind”-gawe
top of page

Dienswerk: soms die “stiefkind”-gawe


God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie. (Hebreërs 6:10, Nuwe Lewende Vertaling)

 

Hierdie vers vir die dag op Bible.com het my eendag in trane gehad. Ek het juis gestoei met die gedagte dat my lewe nie veel werd is nie, nie in die oë van mense nie en dalk ook nie vir die Here nie. My gawe van dienswerk is seker die nederigste van geestelike gawes en dit voel asof dit nie naastenby betekenisvol is nie.

 

Die Woord leer tog dat ons moet doen en nie net hoor of lees nie. Dat ek behoeftiges moet help en my tong in toom moet hou. Dat ek moet diensbaar wees, soos wat Jesus die voorbeeld vir my kom stel het. Dat ek moet gee, al is dit ‘n enkele ou muntstukkie. Die Here sien raak dat ek my laaste muntstukkie gee. Hy sien raak hoeveel kosbare tyd en energie ek spandeer om ander te dien – Hy heg waarde daaraan. Net soveel waarde as aan die geloof van ons sendelingvriend, wat ‘n hospitaal vir sy klein gemeenskappie in Indië begin bou het.

 

Al wat ek nodig het om te doen, is om staat te maak op die Heilige Gees, wat my leer, lei en krag gee. Dan sal ek nie fokus op hoe onwaardig en ontoereikend ek voel om Sy liefde met ander te deel nie, of dit nou die bou van ‘n hospitaal is, of die skryf van ‘n artikel vir ekerk, of die regstaan om ‘n huisgas te verwelkom en te bederf asof dit Jesus self is wat vir my kom kuier nie.

 

Dus, wanneer ek weer onwaardig en onbekwaam voel om iets van Sy liefde met ander te deel, of dit d.m.v. die regmaak van ons gastekamer, of deur die bou van ‘n £1miljoen hospitaal is, kan ek vra: “Here, hierdie gevoel van minderwaardigheid is tog nie die waarheid, U waarheid nie? “Ek is” is die Waarheid, die Weg en die Lewe. En Hy sê vir my: “Just do it!”

 

Ek is nie geskape om die lewe te geniet, eendag te sterf en dan hemel toe te gaan nie, maar om my naaste te dien met my gawe(s).

 

Do justice, love goodness and walk humbly with your God.Deacon Nick, De la Salle College, Jersey:

bottom of page