Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
top of page

Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons


By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het.


Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen nie aldag nie. Daardie wiel het iewers vasgehaak.


Hoe gemaak? Moenie val vir daardie “wysheid”, wat sommiges graag kwyt raak nie. Ek praat van daardie woorde: “Glo maar net - alles sal regkom.” Soms kom dit net nie reg nie, in elk geval nie soos wat mense gehoop het dit moet nie. Baie mense is werkloos en gesondheidloos, al bid hulle opreg. Hoe gemaak? Gelowiges weet gelukkig altyd God is wie Hy is. Ons dien Hom, dit maak nie saak wat gebeur nie. Hy is ons Herder, wanneer ons langs groen weivelde loop, maar ook wanneer ons deur ’n donker dal moet worstel. Ons hou deur dik en dun aan Hom vas, wat van al ons laste weet.

bottom of page