Die lewe deurvleg met bitter en soet
top of page

Die lewe deurvleg met bitter en soet


1992 is not a year on which I shall look back with undiluted pleasure. In the words of one of my more sympathetic correspondents, it has turned out to be an 'Annus Horribilis'. I suspect that I am not alone in thinking it so. Indeed, I suspect that there are very few people or institutions unaffected by these last months of worldwide turmoil and uncertainty.”

Hierdie is die woorde van Koningin Elizabeth II van Engeland, nadat 3 van haar kinders in 1992 geskei is en daar ook ‘n verwoestende brand by Windsor kasteel uitgebreek het.


Niemand sou ons kon kwalik neem as ons gedink het sy praat van die afgelope jaar nie. As ons terugkyk, kom die term “bittersoet” by ‘n mens op. Hierdie jaar was inderdaad vol uitdagings, verliese en teleurstellings. Daar was geliefdes wat aan die dood afgestaan is, werks- en finansiële onsekerheid. Sommige familie-, werks- en huweliksverhoudings het verbrokkel. Dit was swaar. Tog was daar in hierdie jaar ook die soet van die lewe – etes saam met vriende, babas wat gebore is, paartjies wat getrou het, die weersiens van familie en vriende na die inperking, om die wonder van die natuur te aanskou.


Rick Warren van Saddleback Church vertel van die bittersoet in sy lewe ‘n aantal jare gelede. Hy het groot seën ervaar met die publikasie van sy boek, The Purpose Driven Life, wat die vinnigste verkopende Christelike boek van alle tye geword het. Dit het hom enorme invloed gegee. Terselfdertyd het hulle uitgevind dat sy vrou, Kay, kanker het. Aan die een kant van sy lewe was daar die soet van sy sukses, maar aan die ander kant die bitter van sy vrou se kanker. (bibleinoneyear.org)


Ons weet nie wat die volgende jaar of selfs die dag van môre vir ons inhou nie. Waarvan ons wel verseker kan wees, is dat daar in die bittersoet van die lewe aan die liefde van God geen einde is nie. In Psalm 136 herinner die psalmis ons 26 keer daaraan. Ek kan kies om die bril van Romeine 8:28 op te sit: God sal alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet.


Die uitdaging is om die bitter en die soet in perspektief te hou en nie vasgevang te word nie, om die mooi raak te sien en nie net op die sleg te fokus nie. Ten spyte van die seer van my omstandighede kan ek nog steeds dankbaar wees vir die seëninge, wat steeds deel is van my lewe. Ek moet in goeie tye in dankbaarheid wees en weet dat alles – ook die bitter – tot Sy eer geleef kan word.

When life is sweet, say thank you and celebrate. And when life is bitter, say thank you and grow.” – Shauna Niequist

bottom of page