Die belangrikste padwyser vir my lewenspad
top of page

Die belangrikste padwyser vir my lewenspad


Te midde van al die onbekende paaie, wat in 2024 op my wag, weet ek die enigste pad, wat altyd die regte pad is, is God S’n. Dis die pad, wat deur Sy Woord verlig word, soos wat Psalm 119:105 leer. Die heel belangrikste koersaanduider op hierdie pad van die Here loop ek in Deuteronomium 6:5 raak. Hierdie verse sê vir my dat ek die Here my God moet liefhê met alles in my.


Vanjaar gaan ek my in baie ander padwysers vasloop, maar hulle wys dikwels in ander rigtings as God S’n. Hulle laat baie mense op roetes van selfsug en vernietigende selfliefde verdwaal. “Leef slegs vir jouself!” roep sulke vals koersaanduiders aan dermiljoene mense uit. Ek weier om so-iets te doen. God se padwyser in Deuteronomium 6:5 is die regte padwyser, wat ek in 2024 voor oë gaan hou. Ek gaan die Here sonder enige reserwes liefhê. Ek gaan Hom met my hele hart, met my hele siel en met my hele verstand liefhê. Ek weet dat om die Here lief te hê, is om Hom met oorgawe te dien. Dit is om Sy voorskrifte en bevele van harte te gehoorsaam, soos wat Christus my leer. Dit is om elke dag met heilige eerbied en verwondering na die Hereop te kyk. Dit is om na Sy stem te luister. Ek gaan elke dag hierdie eksklusiewe lewensroete bewandel. Ek gaan elke dag op die pad van die LEWE leef!  

bottom of page