Bly binne die “gesonde leer”
top of page

Bly binne die “gesonde leer”


Paulus praat dikwels in sy briewe van “die gesonde leer”. Dit word in Titus 2 aan die regte geloofsonderrig in die Here vasgeknoop. Hierdie onderrig geld vir jonk en oud. Daarom praat Paulus hier met ouer mans en dames, asook met jonger mans en vroue. Hy sê met name vir ouer mans dat die gesonde leer hulle na ’n lewe van wysheid, standvastigheid, geloof, liefde en volharding sal begelei. Vroue, wat die gesonde leer van die Here navolg, sal op hulle beurt goor gedrag, soos skinder en drankmisbruik, met die nodige waardigheid systap. Onderrig in die gesonde leer sal ook jong volwassenes begelei om hulle huweliksmaats te respekteeren om selfbeheersd te leef. Tussendeur sê Paulus vir Titus dat hyself ’n voorbeeld hiervan moet wees deur ’n lewe van integriteit te leef.


Die gesonde leer van ons Heer het te make met ’n karaktervolle lewe, wat in Sy voorskrifte geanker is. Hier gaan dit nie net oor godsdienstige leerstukke nie, maar oor die regte lewe voor God en tussen ander. ’n Gesonde leer mond in gehoorsaamheid aan God en in liefdesdiens aan mekaar uit. Daarom moet ons toelaat dat Hyself ons in die regte leer begelei. Ons moet daagliks die regte katkisasie deurloop, Syne!

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page