Bid en gebruik medisyne
top of page

Bid en gebruik medisyne


In sy nuutste artikel skryf Stephan Joubert oor ons moet beide doen - ons moet bid en goeie mediese advies inwin, wanneer siekte op die horison verskyn.
Bid en gebruik medisyne

Ons bid graag vir groot siektes, soos kanker en hartprobleme, maar vir ‘n kopseer of ‘n maagkramp drink ons sommer ‘n pilletjie en vergeet daarvan. Wat gaan ons maak as die slim mense op ‘n dag medikasie ontwikkel, wat kanker kan klop? Gaan ons dan nog ernstig daarvoor bid? Of gaan ons sommer net die medikasie gebruik en daarvan vergeet, terwyl ons dan weer vir ander “groot” siektes bid?


Ons moet beide doen - ons moet bid en goeie mediese advies inwin, wanneer siekte op die horison verskyn. Natuurlik genees God en Hy doen dit bonatuurlik. Hy gebruik graag ook dokters, aptekers, verpleegsters en tandartse deur wie Hy werk. Ek dink dis dwaas om te bid die Here moet my tandpyn op ‘n bonatuurlike wyse wegneem, terwyl daar ‘n tandarts net oorkant die straat is. Dan bid ek eerder dat die Here die tandarts sal help om die oorsaak van my tandpyn reg te diagnoseer en goed te behandel. As ek in die bos as sendeling ver van alle mediese hulp af is, dan bid ek waarskynlik vir God se bonatuurlike ingryping in siekes, anders as in moderne dorpe of stede met goeie mediese versorging. Die punt is egter nie hoe God verkies om mense met sy genesende hand aan te raak nie, maar dát Hy dit steeds elke dag doen en hóé ons na die tyd aan Hom die eer gee. Dis tog wat saak maak!


Gebed:

Here, raak die siekes aan. Stuur genesing in die lewens van elkeen wat smag na gesondheid. Amen


bottom of page