Armer, armste!
top of page

Armer, armste!


Lees Deuteronomium 24:14


Reeds in die Ou Testamentiese tyd het God Sy mense daaraan herinner om nooit op mense, wat arm is, te trap nie. God het ‘n hart vir armes. Hy is hulle redder, hulle beskermer. Maar jy en ek moet dit ook namens Hom doen. Wie sal opstaan vir die regte van die armes as ons dit nie doen nie? Wie sal ‘n verskil aan armoede maak as jy en ek nie dit aandurf nie?


Van armoede gepraat, navorsers bereken dat sowat 200 miljoen Christene in uiterste armoede leef te midde van 40% van die wêreldbevolking, wat reeds onder die broodlyn van $2 per dag leef. HIV/Vigs is tans die lot van sowat 40 miljoen mense, terwyl meer as 14 miljoen kinders reeds een of beide hul ouers as gevolg van hierdie pandemie verloor het. Tussendeur het 376 miljoen kinders geen skoon water nie en 265 miljoen kinders is nog nie teen ernstige siektes ingeënt is nie. Dís die wêreld waarbinne ons leef. Hoe kan ons hierdie nood aanspreek? Deur eerstens die Gees toe te laat om Goddelike medelye in ons harte jeens hulle te laat groei. Tweedens moet ons betrokke raak by groepe en kerke, wat in die voorste linies by noodverligting betrokke is. Daar is geen verskoning om nie iewers betrokke te raak nie. Maak jou beursie oop. Staan jou tyd af. Rol jou moue op, want jy gaan ook vir Jesus daar tussen die noodlydendes raakloop!


Gebed:

Open ons oë vir nood, Here. Amen.

bottom of page