Alleenheid is nie alleen nie
top of page

Alleenheid is nie alleen nie


Alleenheid is nie dieselfde as om alleen te wees nie. Om alleen te wees is soms goed en nodig, veral vir die introverte tussen ons. Alleenheid of eensaamheid is egter iets anders. Dit is daardie pynlike gevoel van sosiale isolasie. Dit is om gediskonnekteerd te wees van ander mense. Drie navorsers genaamd Holt-Lunstad, Smith en Layton het in ’n onlangse studie bevind dat iets soos ernstige oorgewig jou kans op ‘n vervroegde dood met 20% verhoog; dat ernstige alkoholverbruik jou dood met 30% verhoog, maar dat alleenheid dit verhoog met ‘n reuse 45%. Skokkende nuus! God het ons gemaak vir verhoudings. Ons harte het ‘n holte of ’n leë ruimte wat net Hyself kan vul. Ook benodig ons gesonde verhoudings met mekaar. Die kerk, soos wat die Nuwe Testament hieroor dink, is juis een so ‘n familie-spasie waar mense veilig kan behoort. Dit is die liggaam van Christus waar mense mekaar aanvaar met hulle eie talente en gawes. Hier moet mense regtig tot rus kom. Moenie wag totdat ander jou hier aanvaar nie. Loop die eerste tree na hulle toe. So verloor alleenheid sy donker greep in hulle lewe, en in joune.

bottom of page