2023 wás toe ’n geseënde jaar
top of page

2023 wás toe ’n geseënde jaar


Die sand is amper deur 2023 se uurglas. Hierdie tyd van die jaar is vol nostalgie vir sommiges en vol vloeistowwe (?!) vir ander. Dit daar gelaat. Wat van ’n reguit vraag: hoe het 2023 jou behandel? Was dit ’n voorspoedige jaar, soos wat almal jou aan die begin van die jaar toegewens het? Wag, voordat jy weer begin dink aan alles, wat die afgelope jaar in Suid-Afrika verkeerd geloop het, het jy gedurende 2023 die Here se nabyheid meer intens as ooit tevore beleef? Was jy meer bewus daarvan dat Hy die Goeie Herder is wat by jou is in groen weivelde, maar ook in elke donker dal? Het jy God se Woord meermale bestudeer? Het jy ervaar dat Sy Woord die lig vir jou lewenspad is? Het jy meer vrygewig geleef? Was daar meer spasie vir meer mense se nood op jou skouers? Het jy ander meermale vergeef en tweede myle gestap? Dan was 2023 ’n baie meer geseënde jaar as wat jy dalk dink. Dan gaan 2024 selfs nog beter wees.

bottom of page