top of page
Writer's pictureAlet Gardner

Stiltetyd, herlaaityd, inspirasietyd


Oswald Chambers het geleer: Learn to associate ideas worthy of God with all that happens in Nature – the sunrises and the sunsets, the sun and the stars, the changing seasons, and your imagination will never be at the mercy of your impulses, but will always be at the service of God. Geïnspireer hierdeur kan ek met my Bybel op my skoot sit en kyk hoe die opkomende son die boomtoppe verlig soos ‘n “burst of joy” – en kan ek my Skepper dank vir die son, en ook vir sy vars, nuwe liefde wat elke oggend weer vreugde bring.

So kon ek ook tydens ‘n kuier by familie, toe ek deur ‘n lawaaierige eendjie voor my kamervenster wakkergemaak is, opstaan en ‘n hedendaagse gelykenis voor my sien: eendjies van verskillende groottes en kleure in die tuin, almal kosbaar en waardevol vir hulle eienaar. En net daar besef ek dat ook ons as fisiese/geestelike familie van mekaar verskil, maar elkeen is vir die Here kosbaar en waardevol. Ons hoef nie almal eenders te wees nie.

Soos so baie ander kinders van die Here, swig ek dikwels voor die versoeking om eerder na God se dienaars te wil luister, oor iemand anders se interessante getuienis te wil lees, na nog ‘n opname van ‘n bekende/dinamiese spreker se YouTube opname te wil kyk, eerder as om self God se stem te wil hoor. Op die vraag hoekom ons so huiwerig is om Hom toe te laat om self met ons te praat, antwoord Oswald Chambers: Because we know that if God does speak, either the thing must be done or we must tell God we will not obey Him. If it is only the servant’s voice we hear, we feel it is not imperative…

Daarom is dit elke volgeling van Jesus se plig en voorreg om onder leiding van die Heilige Gees vir God toe te laat om deur “Skriftuur” en “Natuur” met ons persoonlik te praat – sy doelgemaakte boodskap aan my oor te dra. En dan te gehoorsaam.


bottom of page