Spreek God reg aan
top of page

Spreek God reg aan


Aanspreekvorms maak saak. Mense wil graag reg aangespreek word. Dit geld ook vir God. Die Israeliete het dit geweet. Hulle het Eksodus 3 goed geken. Daar het Moses navraag oor die regte aanspreekvorm vir Godgedoen. Toe het hy eerstehands geleer dat God die HERE is. Om Hom so aan te spreek, dui groot eerbied aan.


Jesus het vir ons ’n nuwe aanspreekvorm vir God geleer. Hy leer ons dat God ons Hemelse Vader is. Op ’n intieme wyse, wat tog ook respek toon, het Hyself God as “Abba” in Aramees aangespreek (Markus 14:36). Terloops, “Abba” beteken nie pappa, soos wat sommiges meen nie. Dit leer ons by Paulus, wat “Abba” gebruik as die Gees se roep tot God hier in ons binneste (Romeine 8:16; Galasiërs 4:6). Dadelik vertaal Paulus dit in Grieks as “Vader” (“patér”). Hy vertaal dit nie met die Griekse verkleinwoord “pappas,” wat toe reeds gebruik is nie.


“Abba” was ‘n aanspreekvorm van dissipels vir ’n geliefde leermeester. Onderdane het ook hulle koning so genoem en kinders het dit graag vir hul pa’s gebruik. “Abba druk intimiteit én respek uit. Presies so ken Jesus vir God. Presies so stel Hy Sy Vader aan ons bekend. As Vader skenk God nuwe lewe aan ons elkeen, wat glo. As Vader lyf Hy ons by Sy nuwe familie in. As Vader sorg Hy vir ons. Maar Jesus leer ons ook om hierdie term reg te gebruik. Ons sê altyd “Ons Vader,” nie net “Vader” nie. So leer Jesus ons bid in die “Ons Vader”-gebed.

bottom of page