top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Moenie die Here se vrede opoffer vir enigiets of enigiemand nie
Die skrywer, Paul Coelho, sê: If it costs you your peace, it’s too expensive. Paulus het lank gelede presies dieselfde in 1 Korintiërs 7:15
Stephan Joubert
Jan 29, 2024


Dis tyd om te dink
Ek onthou toe ek nog ‘n kind was, was daar ‘n program op die TV, genaamd Beste Professor. Dit het gehandel oor ‘n universiteitsprofessor, wa
Roedolf Botha
Jan 16, 2024


As Esau kon vergewe, kan ek ook!
Ek kan my Esau se reaksie goed indink, toe sy jonger broer sy reg as eersgeborene gesteel het en neem hom geensins kwalik nie. Jakob se naam
Liezel Lüneburg
Oct 31, 2023


Om stil te bly vir die Waarheid, of nie
Spreuke 26:4 sê jy moenie ’n dwaas antwoord op dieselfde dwase manier, as hoe hy met jou praat nie. Dan is die grap op jou. Maar vers 5 sê d
Stephan Joubert
Oct 2, 2023


Dink reg, anders is jy weg
Jy hoef regtig nie Einstein se brein te hê om te weet hierdie jaar is uitdagend nie. Om steeds koersvas te volhard hier in Septembermaand, b
Stephan Joubert
Sep 4, 2023


Wees beroemd op die regte manier … vir altyd
Ek onthou die slagspreuk van ’n plaaslike koeldrank in Nieu-Seeland, wat ek jare gelede daar raakgelees het. Hulle leuse was: “World Famous
Stephan Joubert
Aug 31, 2023


Jou kop is tans onder konstruksie van die Here
Was jy al ooit in ’n kerkdiens, waar jy uitgedaag is om jou kop en jou denke vir God te gee? Jou hart … ja, dít moet jy gedurig vir die Here
Stephan Joubert
Aug 21, 2023


Geniet die Here se spesiale geskenk aan jou
Dit is nie net klein kindertjies wie se breins ontwikkel, terwyl volwassenes se brein kant en klaar gevorm is nie. Sulke beskouings word van
Stephan Joubert
Aug 14, 2023


Vermy geestelike beurtkrag
Jou kop is eksklusief. Daar’s net een weergawe van jou kop op die ganse planeet en dis hierdie einste een wat jy het. Dis sakpas en spesiaal
Stephan Joubert
Aug 7, 2023


Die lewe is nie regverdig nie, maar God is by ons
By die dag neem swaarkry toe. Elke dag hoor jy van nog mense, wat gekaap is. Of van nog mense, wat al hulle geld verloor het omdat skelms toegeslaan het op hulle bankrekenings. Mense sê orals vir mekaar die lewe is moeilik. Baie voel asof God van hulle vergeet het. Ongelukkig is die lewe nie aldag regverdig nie. Opregte mense verloor soms alles, wat hulle besit, terwyl skurke en skelms floreer. Die wiel is veronderstel om te draai, soos wat sommiges graag sê, maar dit doen ni
Stephan Joubert
Jun 29, 2023


Moenie dat ouderdom jou ooit onkant betrap nie
Spreuke 16:31 sê grys hare is soos ’n kosbare kroon vir mense, wat weet hoe om reg te leef. Party mense word egter meer omgesukkeld namate hulle ouer word. Hulle sê wat hulle wil net wanneer hulle wil. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid daag nie oornag op nie. Dit kom ’n lang pad. Kwaai jongmanne verander algaande in knorrige ou ooms. Moeilike dames ontaard later in selfgesentreerde tannies.
Stephan Joubert
Jun 22, 2023


Vra jou vrae sonder om gedurig alles te bevraagteken
Die Nobelpryswenner en fisikus, Isidore RabI, vertel hoedat sy maats gedurende sy kinderjare gedurig na skool by hulle ouers een vraag gehoor het: “Wat het julle vandag geleer?” Sy ma het egter iets anders vir hom gevra: “Izzy, did you ask good questions today?” Om goeie vrae te vra, is om te groei. Om goeie vrae te vra, is om aanhoudend nuwe dinge te leer.
Stephan Joubert
May 8, 2023


Hoe hoër die goor emosies, hoe laer die IK
Ons dink nie helder en logies as ons baie kwaad is nie. Dan sê ons gewoonlik dinge waaroor ons na die tydspyt is. Ons dink ook nie helder of logies as ons bang is nie. Dan wil ons eintlik net daardie Trippel-V ding doen: vries, veg of vlug. Ons is fisiologies bedraad dat sulke negatiewe veg-, vries- of vlugemosies ons denke afsny. Wyse gedagtes en goor emosies kan nie gelyktydig binne ons gebeur nie. Anders gesê: hoe hoër die negatiewe emosies in onsself, hoe laer die IK. Of
Stephan Joubert
Apr 27, 2023


Vanaf geraasbesoedeling tot musiek vir ander se ore
Almal praat deesdae oor lugbesoedeling en waterbesoedeling. Onlangs het ek ’n vreemde ander vorm van besoedeling beleef. Dit was naamlik toe iemand in ’n ry voor my by die lughawe homself vervies het vir ‘n personeellid, wat blykbaar te hard met haar kollega gesels het. Kliphard het hy vir haar verduidelik sy pleeg geraasbesoedeling, of “noise pollution”, soos wat hy dit in Engels genoem het. Bygesê, ons almal was verstom oor die man se klipharde vermaning. “Van geraas tot ge
Stephan Joubert
Mar 20, 2023


Vlug reg as jy die slag moet!
“Ek het niks om weg te steek nie,” sê iemand in ’n film. “Jy is gelukkig,” antwoord iemand anders, “want almal steek iewers ’n paar geheime weg.” Dit het my herinner aan ’n verhaal, wat op 16 Junie 1901 in die Washington Post verskyn het. George D. Aldrich het hier ’n storie gedeel wat hy by Arthur Conan Doyle gehoor het. Conan Doyle het een keer vir sy vriende gesê almal het teen ouderdom 40 'n geraamte in die kas. Toe besluit hulle om hierdie stelling te toets. Hulle het 'n
Stephan Joubert
Mar 16, 2023


Moenie agter onkunde skuil nie
“Jy kan nie verwag iemand moet jou punt snap, wat ‘n salaris betaal word om dit juis nie te snap nie,” sê iemand onlangs. Ware woorde. Hoe j
Stephan Joubert
Feb 10, 2023


Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade
Ek is dankbaar vir die Here se genade. Altyd, maar veral in hierdie tyd. Vanjaar was lank en hard, maar ek is dankbaar dat God se getrouheid elke dag verlig het. Ek is dankbaar dat ek nooit in 2022 met God vir Sy hulp hoef te onderhandel het nie. Of dat ek nie enige teenprestasies aan Hom hoef te gelewer het in ruil vir Sy hulp nie. Of dat ek beloftes aan Hom hoef te gemaak het, wat ek moes nakom om Sy guns te behou nie. Ek is dankbaar dat ek vanjaar ’n teks soos Romeine 11:3
Stephan Joubert
Dec 8, 2022


Oppas dat stereotipes jou lewe oorneem
Iemand vertel nou die dag op ‘n openbare platform dat ’n bekende filmster arrogant is. Hierdie ster het geweier om met ’n jong meisie te praat, terwyl hy saam met iemand geëet het. Sy het ongevraagd afgestap op die ster en haar selfoonnommer in sy hand gestop. Hy wou egter nie haar selnommer aanvaar nie. Nou is daardie “Top Gunner” blykbaar ongeskik op grond van een insident. Toe ek dit lees, dink ek by myself dis presies hoe stereotipes gevorm word. ’n Enkele interaksie met
Stephan Joubert
Nov 14, 2022


Praat nadat jy gedink het
Gebruik jou kop voordat jy jou mond gebruik. Dit klink na wyse raad. Wag, dit is nie net goeie raad nie - dis die waarheid. Praat sonder om te dink is pure dwaasheid. Die Spreukeboek sê oor en oor ons moet ons woorde in toom hou. Ons moet ons woorde se skerpheid stomp vyl.
Stephan Joubert
Oct 13, 2022


Kies betyds 1 Korintiërs 13 se pad
Daar’s altyd meer vreemdelinge as bekendes rondom jou. Op die pad, in winkelsentrums, by sportgeleenthede, in die kerk … daar is meer onbekendes as bekendes! Hulle ken jou nie. Jy ken hulle ook nie. Julle weet nie wat in mekaar se harte leef nie. Of wat mekaar se motiewe of planne is nie. Daarom is daar nie aldag te veel vertroue in die lug tussen bekendes en onbekendes nie.
Stephan Joubert
Aug 29, 2022


Respek onbeperk
Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek si
Stephan Joubert
Aug 4, 2022
bottom of page
