top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die vraag is nie of dit maklik is nie - die vraag is of dit reg is!
1 Petrus 2:21 is ’n kanonteks. Petrus praat hier padlangs met Christene, wat as huishoudelike slawe in mense se huise werk. Dit was geen lekker werk nie. Allermins. Huishoudelike slawe het nie aan hulleself behoort nie. Hulle was die besittings van hul eienaars, wat hulle vir geld gekoop het. Vir sulke benadeelde Christene het Petrus ’n woord van die Here af. Hy leer vir hulle dat Christus vir ons almal gely het en dat Hy vir ons ’n voorbeeld nagelaat het sodat ons in Sy voet
Stephan Joubert
Jan 20, 2022


Doen die Bybel in drie sinne
Ek kan die hele Ou Testament in drie sinne vertel, sê iemand vir Len Sweet, ’n Amerikaanse teoloog en skrywer. Toe doen hy dit: “Ander volke het ons probeer doodmaak.” “Deur die Here se goedheid het ons oorleef.” “Kom ons eet!” Toe sê die persoon vir Len hy kan ook die Nuwe Testament in drie sinne opsom: “God sê: Ek het jou lief in Christus.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons eet!”
Stephan Joubert
Nov 29, 2021


Van bekering een tot bekering twee (deel 2)
Bekering een het gebeur toe ek na God toe gedraai het. Dit was toe ek met my stukkende lewe voor Christus kom buig het. Dit was toe ek in Hom begin glo het as die Here van my lewe. Bekering twee het begin toe ek agterkom God het ‘n totaal ander telbord as daardie een, waarmee ek myself na “bekering een” mee besig gehou het. Vir Hom gaan dit oor die voltydse navolging van Jesus en oor impak in die wêreld, nie oor instandhouding van kerkgeboue en formele strukture nie. Impak ge
Stephan Joubert
Nov 22, 2021


Kyk anders, glo reg
Rondom 1847 was Ignaz Semmelweis ’n dokter in ‘n Weense hospitaal, waar bykans 10% van die vroue in een kraamsaal aan infeksie gesterf het. Toe kom hy agter dat mediese studente, wat daar opgelei word, eers disseksies doen as deel van hul opleiding in anatomie, voordat hulle met bevallings gaan help. Sy gevolgtrekking was dat hulle bakterieë oordra, omdat hulle hande nie deeglik genoeg ontsmet was nie. Toe hulle dít begin doen het, was die sterftesyfer in die kraamsaal binne
Stephan Joubert
Sep 20, 2021


Moenie ’n geestelike konfytbottel wees nie
Al die konfytbottels op die winkels se rakke het vervaldatums. ‘Sell-by dates” noem die Engelse dit. Iewers verval hulle. Daarom word hulle goed gepreserveer sodat hulle ’n lang rakleeftydperk kan hê. Dit lyk my party gelowiges doen dieselfde met hulle geloof. Hulle is in selfpreserveringsmodus. Die meeste van hulle gebede gaan daaroor dat hulle beskerm moet word, nie dat hulle deur die Here gebruik moet word nie. En dat hulle veilig moet wees, nie dat hulle saam met Jesus in
Stephan Joubert
Jul 12, 2021


Leer ’n nuwe taal aan, Jesus s’n
Die taal wat jy gebruik om die werklikheid mee te beskryf, verander gou-gou in jou eie werklikheid. Kyk maar na ’n uitdrukking soos: “Die corona-virus gaan nog die land vernietig.” Of: “Ons land sit op ’n tydbom.” As jy dit gedurig as hoofopskrifte vir jou eie opinies of ervarings gebruik, dan dwing dit jou om gedurig nuwe probleme te identifiseer, wat hoort onder sulke opskrifte.
Stephan Joubert
Nov 9, 2020


Opoffer is deel van die normale Christelike lewe
Jonathan Whalon was ’n offisier aan boord van ’n walvisboot. In 1864 moes hy met plaaslike inwoners iewers op die Marquesas-eilande gaan onderhandel om vars voorrade vir hulle skip te kry. Toe hy voet aan wal sit, arresteer die stamhoof genaamd Mato hom. Hy was van mening Whalon is ’n slawehandelaar, wat sy mense wou kom vang om hulle as slawe te verkoop.
Stephan Joubert
Oct 22, 2020


Om te buig is een ding; om te volg is iets heeltemal anders
Om te buig voor God vra ’n kniebuiging. Om Hom te volg vra ’n totale koersverandering van jou ganse lewe. Om te buig voor God is ’n verklaring. Om Hom te volg is ’n voltydse manier van leef.
Om te buig voor die Here vra ’n oomblik of twee van jou tyd. Om Hom te volg vra al jou tyd en jou voltydse lojaliteit.
Stephan Joubert
Oct 5, 2020


Christus nooi ons binne sy verhaal in, nie andersom nie
“Ek het vir Jesus in my lewe ingenooi.” Dikwels hoor jy sulke opmerkings. Mense nooi graag vir Jesus in hulle hart in, maar eintlik gebeur dit net mooi andersom. Jesus nooi mense in sy eie verhaal in. Dit is nie ons wat op ’n goeie dag besluit om Hom in ons lewe toe te laat nie. Dit is nie ons wat besluit ons is gereed om ons hart vir Hom te gee, of om ’n paar veranderinge aan ons lewe aan te bring nie. Nee, Jesus nooi ons na Hom toe. Dit is Hy wat ons deel maak van sy groter
Stephan Joubert
Sep 7, 2020


Die vraag is nie of dit maklik is nie…
Dit is nie aldag maklik om ’n Christen te wees nie. Baie mense sê dit. Jesus stem saam. Trouens, Hy het ’n paar keer gesê mens moet dit juis ook weet voordat jy kies om Hom te volg. In Lukas 14 vertel Hy padlangs dat mens die prys van dissipelskap vooraf moet bereken. Iemand wat ’n gebou oprig moet tog voor die tyd bereken of hy genoeg geld en boumateriaal het.
Stephan Joubert
Jun 18, 2020
bottom of page


