top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


’n Nuwe vandag is hier
God se nuwe vandag is hier. Dit het aangebreek toe die engel in Lukas 2:11 uitgeroep het dat Jesus vandag vir ons gebore is. Die Verlosser het aangekom. ’n Splinternuwe vandag het op God se kalender verskyn. Die tyd het skielik gedraai. Die ewige nuwe dag van die Here het begin, toe Jesus na ons toe gekom het. Om in Hom te glo, is om te leef binne ‘n nuwe tydsone, Syne! Dit is om deel te wees van God se ewige vandag. Die ou dae van dood en donkerte is oor en verby vir elkeen,
Stephan Joubert
Dec 20, 2021


Briek nou daardie Kersfees-onvreugde
Ek onthou hoe beswaard Ou-dominee in my kinderdae oor die “verwêreldliking” van Kersfees was. Party ouens is nog steeds nog beswaard hieroor. Klagtes oor die kommersialisering van hierdie fees is steeds die in-ding. Om alles te kroon is daar ook nog die diegene wat sê Kersfees is ’n heidense fees. Dan is hulle sommer ook diklip oor almal rondom hulle wat dit reg vier.
Stephan Joubert
Dec 16, 2021


God se liefde het ’n lyf
Hy het die wêreld vir altyd andersom laat draai- hierdie Man wat geen boek geskryf het nie, geen land regeer het nie, geen weermag rondom Homself geskaar het nie, en geen politieke of ekonomiese mag besit het nie. Ek praat van Jesus. Sy dissipels was eenvoudige mense. Sy aanhangers het uit sondaarskringe gekom. Sy vyande het hom afgeskryf as ’n godslasteraar, maar sy navolgers het bely Hy is die Messias, die Seun van God. Met sy woorde het Jesus bose magte laat vlug en siekte
Stephan Joubert
Apr 6, 2020


My God, my God waarom?
Musiek is deel van die lewe en van die dood. Daarom sing ons ook by begrafnisse. Maar Jesus sing selfs terwyl Hy besig is om dood te gaan. Meer korrek, Hy kreun die woorde van Psalm 22 uit daar aan die kruis: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” 'n Klaagpsalm weerklink daar by Golgota op die Seun van God se lippe, een van verlatenheid.
Stephan Joubert
Apr 2, 2020
bottom of page