top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


God kyk ons raak
Ander mense se oë is altyd op ons. Of ons in ‘n tou staan by die winkel en of ons in ‘n geselskap sit - ander sien raak wat ons sê en doen. Ons is altyd binne mekaar se visier. Nou ja, ons hoef onsself darem ook nie aan elke liewe kyk te steur nie. As party mense ons uitkyk, of as hulle ons op en af kyk, of as hulle ons middeldeur kyk, of as hulle stukkend kyk, is dit nie nodig om eindelose stres hieroor te hê nie. Anders gaan ons nooit ons eie lewe behoorlik geleef kry nie.
Stephan Joubert
Apr 26, 2021


Goeie leiers speel nie altyd veilig
Een van die beste leiers, met wie ek al ooit saamgewerk het, is Johnny Knell. Johnny is vyftien jaar gelede deur my genader om ons hoërskooljeug voltyds te lei in die gemeente, waar ek toe werksaam was. Hy was ‘n ongeslypte diamant en eintlik ‘n redelike risiko om aan te stel, veral aangesien Johnny op daardie stadium nog maar ses maande lank ‘n Jesus-volgeling was. Voor sy reis saam met Jesus begin het, was hy deel van die bendewêreld aan die Wesrand. Ek het egter die verski
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Oct 21, 2020


Ek is ’n rugsteker, maar God is nie
“Moenie mense vertrou wat jou ingedoen het nie.” “Ek gee mense net een kans." As hulle droogmaak vertrou ek hulle nooit weer nie. Ek hoor sulke tipe opmerkings so baie dat ek moet aanvaar mense glo dit regtig. Dan wonder ek wat sou gebeur as God sulke beginsels op ons toepas? Wat sou ons maak as Hy ons net een kans sou gee?
Stephan Joubert
Sep 21, 2020


Jy het oorgenoeg kapasiteit
Alles het ’n sekere kapasiteit. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Selfone en rekenaars het net soveel geheue en spasie. Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-spasie is min of meer opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hulle blydskap-kapasiteit is oorskry. Dit lek selfs al uit oor hulle lippe.
Stephan Joubert
May 11, 2020


Hoeveel keer moet ek vir die Here askies sê voordat dit tel?
“Daar is nog onbelyde sondes in jou lewe.”“Jy moet jou sondes by die naam bely, anders help dit nie.”“Jy pleit nie die bloed van Jesus genoe
Stephan Joubert
Mar 9, 2020


Genade hou aan vergeef
Petrus dink hy vat godsdiens na nuwe plekke toe daar in in Matteus 18. Hy stel naamlik voor om die vergifnis-limiet vanaf drie keer na sewe
Stephan Joubert
Feb 27, 2020
bottom of page
