top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Toegerus om blydskap te gaan uitdeel
Arme Moses het gevoel dat hy voor ‘n kruispad te staan gekom het. Hy het gevoel (hy was eintlik vas oortuig daarvan) dat hy nie kans sien ni
Alet Gardner
Mar 5


Geroep vir ‘n tyd soos hierdie
Die verhaal van Ester is vir my aangrypend. Dit lees soos ʼn boeiende roman, wat jy nie kan neersit nie. Dit vertel ons van ‘n Joodse weeskin
Helena Smith
Nov 14, 2023


Wanneer ek ongeliefd voel
Op een of ander stadium kry byna almal van ons met hierdie gevoelens van verwerping te doen. Voel ons ongeliefd, onbelangrik, nie goed genoe
Elmarie van der Westhuizen
Nov 8, 2023


As ek moet byt, dan byt ek vas
“Dit is maklik vir jou om te sê die Here sorg, want jy het genoeg om van te leef.” Hierdie woorde steek nou nog vas in my gedagtes. Daardie persoon, wat dit vir my gesê het, het my laat besef dit is makliker om sekere dinge te sê, wanneer jyself nie ‘n krisis op daardie spesifieke terrein beleef nie. Dit is maklik om te sê mense moenie moedeloos raak, wanneer jyself nie moedeloos is nie. Of om te sê mense moenie twyfel, as jou eie geloof sterk is nie. Of om te sê die Here sal
Stephan Joubert
Feb 2, 2023


Die Here stel nie swaarkrytoetse op nie
Mense sê graag die Here gebruik slegte omstandighede om hulle te leer om meer afhanklik van Hom te wees. Maar is dit korrek? Doen die Here dit regtig? Ten minste leer die Bybel ons dat slegte omstandighede nie deur die Here veroorsaak word bloot net om sekere lesse vir ons te leer nie. Anders gesê, slegte dinge is nie God se skuld nie. Ons kan nie die vinger na Hom toe wys, as die lewe vol toetse en versoekings is nie. Jakobus 4 leer pertinent dat sulke slegte dinge deur mens
Stephan Joubert
Dec 5, 2022


Moenie dreig om dankbaar te wees nie. Doen dit net!
Almal praat daaroor as ‘n leraar ophou glo, maar niemand prys die Here, wanneer derduisende leraars aanhou glo nie. Almal praat daaroor wanneer een kerklike skynheilig is, maar niemand is bly dat die meeste gelowiges opreg leef nie. Dit lyk my slegte nuus kry selfs al in die kerk die oorhand oor goeie nuus. Keer asseblief dat so iets met jou gebeur. Hoe?
Stephan Joubert
Nov 21, 2022


Nie deur skuldgevoelens nie, maar deur Christus
Skuldgevoelens is ’n gewilde hefboom. Baie mense gebruik dit om ander te beweeg om sleg of skuldig te voel,of om dankbaar te wees of betrokke te raak. Hulle vertel graag vir jou hoe arm, siek, en benadeeld ander mense is. Hierna sê hulle vir jou dat jy moet dankbaar wees jy staan nie in daardie mense se skoene nie.
Stephan Joubert
Nov 7, 2022


Die regte keuse is nie die maklike keuse nie
Nadav Ben-Yehuda was 300 meter van die kruin van Everest af, toe hy afkom op ’n Turk, Aydin Irmak, wat bewusteloos was. Nadav was egter op die punt om die jongste Israeli te word om die kruin te bereik, maar toe maak hy die keuse om eerder vir Irmak te help. Hy het geweet dat as hy dit nie doen nie, sou Irmak sterf. Onder uiters moeilike omstandighede het Nadav hom toe teen die berg afgedra. Hierdie terugtog het meer as nege uur geduur. Nadav het groot skade aan sy vingers op
Stephan Joubert
Sep 29, 2022


“Bevoorregting”: Polities verkeerd
Ek is bevoorreg. Tot so ʼn mate dat ek elke slag, as ek iemand in ellendige omstandighede sien, met groot hartseer skuldig voel: Die gogo met vier Pick ‘n Pay-sakkies in haar hande en ʼn huilende baba op die rug; die gryskop madala, wat op twee afgeleefde krukke aansukkel, twee kilometer van die staatshospitaal af; die leerder, wat met ʼn kortbroek aan en sonder ʼn baadjie in sig, deur die dik, wit ryp skool toe stap; en die magdom mense wat elke middag vir die bus staan en wag,
Liezel Lüneburg
Jul 12, 2022


Tydskrifrak
Die laatmiddag verkeer voel aggressief. Die een helfte van die motors probeer voor die ander helfte indruk. Verontwaardig probeer die ander keer. Niemand het lus om hiér te wees nie. Ek moet gou by die supermark vir melk stop. In die wandelgang praat byna niemand met mekaar nie. Sweterige maskers suig aan sommige se kenne vas. Niemand het krag oor om kwaai te probeer wees met diegene met die uisteekneuse nie. Skoenhakke klak moegerig teen die teëls. Meer as die helfte van die
Siegfried Louw
Apr 6, 2021


My manifes vir Korona-tyd
Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.
Stephan Joubert
Jun 8, 2020
bottom of page