top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Paulus en die bestuur van tyd
Baie leiers sukkel met die bestuur van tyd. Die goeie nuus is dat dit iets is wat ‘n mens kan leer: Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom. (Psalm 90:12 – OAV) As jy sukkel met die bestuur van tyd, mag hierdie vier stappe van Paulus jou help.
Coen Slabber
Jun 22, 2022


Besluite, besluite!
Passiwiteit is nie ‘n opsie vir ‘n leier nie. Leiers staan (met reg) daarvoor bekend dat hulle aktief is, momentum skep en vorentoe beweeg, al is dit soms stadig en tydsaam. Daarom is gesonde leiers nie bang vir die neem van besluite nie. Hoe groter die droom, organisasie, of doelwitte, hoe meer omvangryk en kompleks kan besluite egter raak. Trouens, die kwaliteit van ‘n bepaalde span of leier se leierskap kan in ‘n groot mate in verband gebring word met die kwaliteit van bes
Roedolf Botha
Jun 8, 2022


Generasie Alfa
In Matteus 16 lees ons ‘n interessante gesprek. Jesus vra vir sy dissipels: Wie sê die mense is die Seun van die Mens? (vers 13). Hulle antwoord deur die verskillende stories, wat hulle gehoor het, te herhaal: Sommige sê Johannes die Doper, ander Elia en ander weer Jeremia of een van die profete. Sonder om hierop te reageer, vra Jesus toe: Maar julle, wie sê julle is Ek?
Coen Slabber
May 25, 2022


Hoe skep leiers gesonde kulture?
Soos in ‘n vorige nuusbrief gesê, weet ons nou al teen hierdie tyd dat die skep van goeie kultuur deurslaggewend is vir goeie leierskap. By “goeie” kultuur, bedoel ek ‘n kultuur waar goedheid heers. Goeie leiers skep goeie kulture, wat bevorderlik is vir die groei van die gemeente of maatskappy. ‘n Kultuur van ‘n maatskappy is die oorsaak dat sekere dinge (goed of sleg) spontaan en natuurlik gebeur. Die kultuur is die soms ongeskrewe, narratiewe aksies, beginsels en beleide,
Roedolf Botha
May 18, 2022


Leiers skep deugdelike omgewings vir werknemers
Geestelike leiers skep gesonde werkomgewings. Te veel werkspasies is toksies. Daar is byvoorbeeld ‘n gemeente, waaroor ek redelik bekommerd is. Min ander mense sou reken dat daar rede tot kommer is rakende hierdie spesifieke gemeente, aangesien dit uiterlik baie goed gaan. Die bywoningsgetalle van die eredienste lyk mooi, die inkomstes is glad nie sleg nie en hulle vaar goed op sosiale media. Oor die jare het ek konstant mense raakgeloop, wat daar werk of gewerk het. Deur die
Roedolf Botha
Apr 6, 2022


Lesse vir die kerk uit Handelinge
In Handelinge kry ons ‘n patroon wat die hedendaagse kerk kan navolg. Daar is uiteraard baie lesse wat die kerk kan leer.
Coen Slabber
Mar 23, 2022


Duidelikheid en helderheid - Die groot gebrek
In sy boek, The Advantage, skryf Patric Lencioni dat leiers basies twee funksies het. Die eerste is om goeie en gesonde verhoudings in enige georganiseerde omgewing te vestig. Die tweede is die skep van prinsipiële helderheid en duidelikheid, ter wille van die operasionele funksies van die organisasie. In hierdie brief volg meer oor laasgenoemde.
Roedolf Botha
Mar 9, 2022


Drome beweeg ons na vore
Wat is jou droom? Kan jy dit in jou leeftyd bereik? Jy hoop jy sal dit bereik, maar sal jy dit werklik doen? John Maxwell het ‘n boek oor drome geskryf.
Coen Slabber
Feb 23, 2022


Hoe verander jy ‘n gevestigde kultuur in ‘n gemeente?
In gevestigde gemeentes is die kultuur ook goed gevestig. Hoe verander ‘n mens hierdie gevestigde kultuur? Jy moet ‘n proses volg.
Coen Slabber
Jan 12, 2022


Konflik, Blou Sones en Rooi Sones
Konflik en die hantering van konflik is deel van ‘n leier se roeping. Trouens, indien jy ‘n konstante konflikvermyder is, dan mag leierskap dalk nie vir jou wees nie. Dis te verstane, want transformasieleierskap bring gewoonlik weerstand en ongelukkigheid, omdat dit van mense vra om te verander en verandering skep die belewenisse van verlies. Konflik is egter nie so maklik om te navigeer nie. Boonop verloor ‘n mens maklik perspektief midde-in konflikprosesse, omdat dit so per
Roedolf Botha
Dec 8, 2021


Wanneer jy besef jý is die probleem!
Een van ‘n leier se grootste nodige tydverdrywe is die identifiseer en uitsorteer van probleme. Leiers het allerhande soorte probleme, soos tanende effektiwiteit, moeilike lidmate of werknemers, geestelike oppervlakkigheid, operasionele struikelblokke, eie skadelike gewoontes, eie gebrek aan selfdissipline, veeleisende aandeelhouers, dalende inkomstes, begrotings wat nie klop nie en nog baie meer.
Roedolf Botha
Nov 17, 2021


Hart of hande?
Ek het een maal ‘n konsultasie vir ‘n maatskappy in Gauteng gefasiliteer. Terwyl ek besig was om die bestuur te oortuig dat dit ‘n gesonde en nodige praktyk is om gereeld na jou mense te luister, bars die uitvoerende bestuurder skielik uit met dié woorde:
“Man, my werknemers word betaal en hulle moet doen wat ek sê. Ek wil nie heeldag na hulle gevoelens en klagtes ook luister nie!”
Roedolf Botha
Oct 20, 2021


Die tweeledigheid van leierskap
In hulle boek, The Dichotomy of Leadership, verduidelik Jocko Willink en Leif Babin, hoe daar ‘n gewoonlik ‘n tweeledigheid aan leierskap is, wat min kontemporêre leiers verstaan. Hulle verduidelik dat individuele leiers gewoonlik na die een of ander kant van twee pole toe leun ten opsigte belangrike leierskapsbeginsels. Dis vir leiers moeilik om werklik gebalanseerd te wees. Die ideaal sou wees dat elke individuele leier ‘n wyse balans sou vind tussen hierdie pole.
Roedolf Botha
Sep 22, 2021


Toerusters
Die doel van geestelike leiers is nie om al die werk self te doen nie. Dit is nie daardie leiers, na wie Paulus in Efesiërs 4:11 verwys, se werk om almal se krisisse op te los nie, vir elke sieke te bid, mense heeltyd tuis te besoek, vergaderings te lei, basaars te reël en almal se vriend te wees nie. Nee, geestelike leiers is deur die Gees afgesonder om toerusters te wees. Hulle moet gelowiges toerus om elkeen hul eie bedienings vol te staan tot opbou van Christus se liggaam
Stephan Joubert
Sep 17, 2021


Die regte mense kom ook in geskenkpapier
Wanneer mens oor die Gees en Christus se werk nadink, dan staan jy gedurig verstom. Veral wanneer jy in ‘n teks soos Efesiërs 4:7-16 vasloop, want hier vertel Paulus van Christus se triomftog. Nadat Hy hier op aarde getriomfeer het, het Hy Sy oorwinningstog in die hemel voortgesit. As bewys van Sy oorwinning het Jesus onder andere geskenke aan ons uitgedeel. Maar die mees verrassende van hierdie geskenke, wat Hy uitgedeel het, is dat dit mense is, nie dinge nie. Ons dink mees
Stephan Joubert
Sep 10, 2021


Leierskap is uitdagend
Leierskap vereis toewyding, dryfkrag en harde werk. Hoe kan jy oor die langtermyn lei sonder om uit te brand? Daar is Bybelse beginsels, wat ons kan help om ons koninkrykmissie te vervul sonder om uit te brand. Hierdie kritiese waarhede sentreer om vyf gebiede: teenwoordigheid, doel, planne, volharding en mense.
Coen Slabber
Sep 8, 2021


Wat elke leier nodig het: stilte en afsondering
Die genesing vir ons raserige, besige en deurmekaar wêreld is stilte en afsondering. Ons moet die neiging om altyd haastig te wees, breek. Stilte en afsondering is instrumente, wat God gebruik om ons siele te herstel. Dit sluit in dat ons weg van ander moet wees. Terwyl jy meer volwasse word, kan jy in ‘n skare mense die vernuwende krag van afsondering ondervind. Jy kan ‘n verbintenis met God ervaar selfs in ‘n luidrugtige wêreld.
Coen Slabber
Aug 25, 2021


Die dinamika van bemagtiging
Volgens die sakekonsultant, Etsko Schuitema, is versorging en groei die twee hoof-verantwoordelikhede van ‘n leier jeens sy volgelinge of werknemers. Die tweede punt, groei, kan volgens Schuitema nie sonder bemagtiging plaasvind nie. Almal van ons is bekend met die term bemagtiging. Wanneer ek so na leiers se interaksie met hulle mense kyk, dan wonder ek soms of sommiges werklik verstaan wat die woord beteken.
Roedolf Botha
Aug 18, 2021


Hoe motiveer ek ander
Om personeel en vrywilligers te motiveer is belangrik. Dit bring onmiddellik die vraag na vore: Hoe moet ek dit beter doen? Die neurowetenskap kan ons hier help. Dit identifiseer vyf domeine, wat gedrag beïnvloed. Hierdie domeine beïnvloed breinfunksionering en dus hoe ons werk en bedien.
Coen Slabber
Aug 11, 2021


Dinge wat Jesus gesê het, wat ons vergeet
Waarom noem julle My ‘Here, Here’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? (Lukas 6:46). As julle dit begryp, gelukkig is julle as julle dit doen. (Johannes 13:17)
Coen Slabber
Jul 21, 2021


Blydskap – ‘n leier se kragtige wapen
Daar is al voorheen baie gesê oor die belangrikheid van verhoudings, verhoudingsvaardighede en emosionele intelligensie in leierskap. ‘n Nuwe fassinerende studie deur dr. Chris Shaw kyk daarna vanuit ‘n neurologiese hoek en beweer dat die brein meer produktief is en vaardighede baie vinniger en beter aanleer, wanneer dit deur middel van verhoudings geskied. ‘n Gesonde organisatoriese kultuur is ‘n kultuur waar daar twee dinge heers: Duidelikheid (“clarity”) en goeie verhoudin
Roedolf Botha
Jul 14, 2021
bottom of page
