top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Heiligheid wen
Te veel kere wen sonde in godsdienstiges se lewe. Ek moet eerlik wees, dis nie vir my lekker om gedurig in die koerante te lees van nog ‘n godsdienstige wat een of ander groot misstap begaan het nie. Die Gees verlang heiligheid in ons lewe. Hy verander ons van godsdienstiges tot voltydse, lojale navolgers van Jesus. Godsdiens en ware navolging van Christus is daarom nie een en dieselfde saak nie.
Stephan Joubert
Feb 5, 2021


Die hemelse Bouer het die tender op jou lewe aanvaar - lewenslank!
Die Here werk anders as aardse bouers. As Hy die dag die tender op jou lewe uitgereik het om daar te kom bou en die tender ook aanvaar, dan kan jy maar weet: Hy verskuif nooit weer nie! Die Here werk lewenslank aan elke aardse bouperseel van Hom. Nooit hou Hy op om te beitel aan jou lewe nie, ook nie aan ander Christene s’n, waar Hy reeds werkspersele ingerig het nie. Op elke gelowige se aardse bouperseel is daar ‘n permanente hemelse bouprojek aan die gang. Nuwe geestelike k
Stephan Joubert
Jan 15, 2021


Bou Jesus se legkaart met jou lewe
Ons lewe is ook soos ‘n legkaart waaraan ons elke dag ’n paar stukkies bou. Dit is baie belangrik dat ons moet weet hoe die groter prentjie van hierdie legkaart waaraan ons bou lyk. As ons dít nie weet nie bou ons dalk vir jare lank aan ’n lewensdroom net om op ’n goeie dag agter te kom dit is toe al die tyd die verkeerde prentjie. Kom ons leer by die apostel Paulus. Hy het sy eie lewe se legkaart geskoei op Christus. In Filippense 2:5 - 11 deel hy hierdie visie van sy Heer,
Stephan Joubert
Dec 28, 2020


Al timmerend!
N. P. van Wyk Louw het iewers ’n aangrypende gedig oor ’n beiteltjie geskryf. Hierin vertel hy van ‘n klein beiteltjie wat aan ’n groot rots kap. Aanvanklik lyk dit nie asof die beiteltjie hond haaraf met die stuk klip gaan maak nie. Dan, uit die bloute, breek dit in duisende stukke. Ongesiens het die aanhoudende gekap van die beitel sy werk gedoen. Die Heilige Gees werk ook so. Hy kap dikwels stilweg, maar aanhoudend in mense se lewens.
Stephan Joubert
Dec 25, 2020


Op die Gees se snykant
Ek het ‘n voorneme vir die res van my lewe: om daagliks saam met Paulus uit te roep: “Vir my is om te lewe Christus.” Ek wil hê die evangelie moet my slyp en ek wil op die snykante begin leef. Middelmatigheid moet verbode taal in my woordeskat wees. Ander se vreugde en nood moet my hartklop wees en integriteit voor God my voltydse passie. Nee, ek wil nie langer “redelik” wees nie, dan is ek maar net “redelik” toegewyd. Radikaal uitverkoop aan die Heer – dis wat van nou af in
Stephan Joubert
Dec 18, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Maak ‘n verskil van een
Vandag is alweer op ons. Nee, dit het nie uit die bloute op ons afgekom nie. Ons het dit eintlik lankal sien aankom - gister reeds. Gaan dit ‘n opwindende dag wees? Gaan jy vandag die hele dag lank ‘n lewende verskil van een wees, soos Petrus en die ander apostels voor die Joodse Raad? Gaan jy in die Naam van die Here as ‘n een-man-weermag of ‘n een-vrou-weermag aanmeld?
Stephan Joubert
Nov 27, 2020


Twee belangrike koersaanduidings vir die regte pad
Hy was op pad Heidelberg toe daar van East Rand Mall se kant af. Maar hy was nie heeltemal seker van die pad nie. Toe stop hy iewers en vra hoe hy moet ry. “Wel, Meneer, jy draai daar by die volgende robot links. Ry dan tot by die vulstasie ... ” sê die man toe vir hom. Net daar onderbreek hy homself: “Nee, wag. Draai liewers regs by die robot en ry weer by daardie winkelsentrum verby ... ” Nadat die man weer vir ’n rukkie stilbly, sê hy toe: “Ek is jammer, Meneer, maar van h
Stephan Joubert
Nov 23, 2020


Moenie ‘n geheime lewe leef nie
Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom. Jy kan nie die TV of radio aanskakel nie, of jy hoor van een of ander persoon wat vir dekades bedrog gepleeg het, of van een of ander indiwidu, wat jare lank seksuele oortredings gepleeg het. Hoe is dit moontlik dat mense lank met twee lewens kan wegkom? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat jy dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie!
Stephan Joubert
Oct 9, 2020


Sorg dat jou wonde in littekens verander
Daar is ’n verskil tussen ’n wond en ’n litteken. ’n Wond vertel van ‘n vars besering. ’n Litteken vertel van ‘n wond wat genees het. Almal van ons het littekens. Ten minste vertel dit dat ons die lewe geleef het, maar dat die lewe ons nog nie opgeleef het nie. Tog loop ’n paar mense steeds tussen ons rond met oop wonde. Hulle wil nie hê hulle bitterheid teenoor iemand anders moet gesond word nie.
Stephan Joubert
Sep 17, 2020


Respek vir die Here - het jy dit?
Nee, geloof is nie iets wat ek net in my vryetyd beoefen nie. Ek doen nie net Christenskap wanneer ek die dag daarna voel nie. My lewe is voltyds die Here se eiendom. Daar is geen middelgrond nie. Die Here duld nie ‘n halfgebakte 50/50 geloof waar ek die helfte van die tyd doen wat God sê en die ander helfte doen wat ekself wil nie.
Stephan Joubert
Sep 4, 2020


Dit is nie so maklik nie, maar…
Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie. Of so eenvoudig nie. Gereeld hoor mens sulke uitdrukkings. Hulle wat sulke dinge sê is heeltemal reg. As dit so maklik of so eenvoudig was, dan was dit! Dan het almal dit reggekry. Tereg het die Franse filosoof Jacques Derrida gesê: “If things were simple, word would have gotten around.”
Stephan Joubert
Aug 13, 2020


So maak jy jou lewe eenvoudiger
Dit is een ding om te sê die Here is jou Herder, soos wat Psalm 23 leer. Maar dit is iets anders om te sê jy kom niks kort nie. Moenie met ’n verbruikersmentaliteit opgeskeep sit nie. Moenie ’n voltydse tekort-kommer wees nie - nie as Psalm 23 jou leef-psalm is nie. Hoe? Wel, verwyder ’n klomp onnodige “stuff” uit jou lewe. Kom klaar met minder dinge.
Stephan Joubert
Aug 10, 2020


Geesvervuldes omhels die wêreld
Geesgevulde mense beskou die wêreld nie as ‘n vyandige plek nie. Hulle sien alle ander mense as beelddraers van God. Hulle weet ook dat God mense liefhet, al het sonde hulle lewens pikswart bekrap. Hulle wil hierdie goeie nuus met almal deel sonder om ooit te veroordeel. As navolgers van Jesus, en ook propvol met die nuutmakende krag van die Gees wil hulle ander mense bewus maak van God se liefde en nie teen alles en almal in die samelewing wees wat “Christelike waardes” bedr
Stephan Joubert
Jul 31, 2020


Jy is toe al die tyd jouself
’n Paar koerante in die 1920’s het die storie vertel dat Charlie Chaplin een keer ingeskryf het vir ‘n kompetisie iewers in die VSA vir mense wat die meeste na Charlie Chaplin lyk. Een koerant het berig dat hy uiteindelik ’n 20ste plek losgeslaan het, maar ’n ander een het vertel dat hy 27ste gekom het. Hoe dit ook al sy, Charlie Chaplin lyk toe nie soos homself nie. Sulke dinge gebeur egter nie net in kompetisies nie.
Stephan Joubert
Jun 29, 2020


Ons bou nie ons lewens in ‘n fabriek nie
Ons lewe is nie ’n produk wat iewers in ‘n fabriek op ‘n vervoerband aanmekaar gesit word nie. Ons ontwerp dit nie haarfyn op ‘n tekenbord, en daarna bou ons dit stelselmatig van hierdie plan af nie. Ons lewens speel af in die regte lewe. Ons het al baie kere beleef ons maak ons planne, maar dan gebeur daar onvoorsiene dinge op die lewenspad. Daarom weet ons dat ons met God moet rekening hou.
Stephan Joubert
Jun 1, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


’n Vinnige meesterklas oor die liefde
God is liefde. Hy het ons heel eerste lief. Hy het ons al die pad lief. Dit kos Hom ’n kruis om sy liefde vir ons te wys. Die Here vra dat ons Hom terug moet liefhê met alles in ons. Ook vra Hy dat ons mekaar moet liefhê. Om lief te hê, behoort vir ons maklik te wees. Dit is tog deel van ons identiteit as kinders van God. As ons nie liefhet nie, dan maak ons ’n bespotting van God se liefde vir ons en ons geloof in Hom. Die eerste Johannesbrief sê sommer padlangs dat ons leuen
Stephan Joubert
May 4, 2020


Jy kies nie die kaarte nie, maar jy kies hoe jy speel
Do all you can, with what you have, in the time you have, in the place where you are - Nkosi Johnson het dit gesê. Hy is op 12 jarige ouderdom dood. Tot op daardie stadium was hy ’n kampvegter vir kinders wat HIV slagoffers is, soos hyself. Aan sy eie klein lyfie het hy beleef die lewe is nie regverdig nie. Ongelukkig was dit nog nooit regverdig nie. Dit sal ook nooit wees nie. Nie almal kry gelyke kanse nie. Nie alle kaarte in die pak is eweredig uitgedeel nie. Party mense d
Stephan Joubert
Apr 20, 2020


Toe staan Petrus op
Merkwaardige woorde, dié! Nou die dag nog het Petrus op sy gesig in die modder gelê nadat hy Jesus verloën het. Maar nou staan hy op tussen die groot skare wat saamgedorm het om te kom kyk wat aan die gebeur is. Vol van die Gees het die apostel die skare in die oë gekyk wat gedink het party van die Christene wat in verskillende tale praat is dronk. Hy het hulle dadelik reggehelp deur te sê dat die woorde van Joël 2 pas in hulle midde op ‘n nuwe, aanskoulike wyse in vervulling
Stephan Joubert
Apr 3, 2020


Hierdie Vuur brand skoon
Vuur brand. Wie weet dit nie? Daarom speel mens nie met vuur nie. Dis lewensgevaarlik. Maar vuur maak soms ook skoon. Dit brand dooie dinge uit die pad. Op verrassende maniere is vuur soms die pad na nuwe lewe toe, soos op daardie oggend in Jerusalem toe hemelse vure skielik begin brand het. Toe die winde van verandering begin waai het, het die vure van vernuwing ook begin brand.
Stephan Joubert
Mar 13, 2020
bottom of page
