top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Oppas vir “the look”
Ons almal ken dit. Ek praat van daardie kyk! Of soos wat die Engelse dit noem: “the look!” Dit is wanneer iemand jou middeldeur kyk. Of jou stukkend kyk. Of jou vuil kyk. Of jou aanstaar. Of jou op en af kyk. Of jou uitkyk. Die Franse denker, Jean Paul Sartre, het gesê sulke kyke bring ’n diep verleentheid, “a sense of shame,” oor jou. Jy weet sulke kyke beoordeel jou. Dit weeg jou.
Stephan Joubert
Jul 6, 2020


Hou jongmense in die kerk
Dit is algemene kennis dat jongmense, veral as hulle ouerhuis verlaat, nie meer enige verbintenis met ‘n kerk het nie. Tog is daar gemeentes wat daarin slaag om hulle jongmense te behou en selfs jongmense te trek. Wat hou jongmense in die kerk?
Coen Slabber
Jun 3, 2020


Jesus doen sy beloftes!
Die Gees is Jesus se geskenk aan ons in sy plek. Soos wat Hy beloof het toe Hy op aarde was, sou Hy by die Vader die Gees ontvang as Hy sy ereplek langs die Vader inneem. Dan sou Jesus die Gees oor al sy mense uitgiet. Presies dit het op Pinksterdag gebeur. Ook vir jou en my geld hierdie aangrypende geskenk uit die hemel. God se Gees is die grootste gawe van God hier in die eindtyd om die kerk op koers te hou. Die Gees waarborg Christus se persoonlike teenwoordigheid by ‘n ie
Stephan Joubert
Apr 24, 2020


Toe gaan die Seun van God dood
Kan die Kind van God doodgemaak word? Dit is eintlik ’n skrikwekkende vraag, om die minste te sê. Tog is dit die realiteit waarmee die kruis van Golgota ons elkeen konfronteer. Dit wat daar by die kruis gebeur het met Jesus, is in een woord skrikwekkend. Geen twyfel hieroor nie. Jesus se kruisdood is haarfyn georkestreer deur die godsdienstige en politieke magshebbers van die dag. Sy stem moes met geweld stilgemaak word. Presies dit het hulle ook reggekry, - totdat Jesus die
Stephan Joubert
Apr 9, 2020


Almal word vol
Die Gees is nie vir enkelinge bedoel nie, maar vir almal. Die Gees verdeel nie, maar verenig. Hy onderskei nie tussen Christene nie. Nee, as Hy kom, kom Hy oor almal. Elkeen wat Jesus ken, is 24/7 binne sy visier. Ons almal is sy witbroodjies. Die Gees werk nie net in “groot” Christene nie. Sedert Pinksterdag is ons almal sy permanente woonplek en werkplek. Nou het die Gees gekom om te bly en om ons almal tot ‘n nuwe span saam te snoer.
Stephan Joubert
Mar 20, 2020
bottom of page
