top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Jesus maak my inmengerig … op die regte manier!
'n Klomp rowers wou een nag 'n klooster beroof. Hulle het verneem dat die plaaslike priester gereeld in sy preke na al die kerk se skatte verwys het. Nou wou hulle dit kom steel. Die priester het dadelik ingewillig en die rowers na 'n vertrek onder die kerkgebou geneem. Toe hulle daar instap, sien hulle ’n klomp arm mense, wat die aand daar oorgeslaap het. "Hier is die kerk se ware skatte," sê die priester toe vir die verbaasde rowers. "Om hulle te versorg, is om Christus sel
Stephan Joubert
Jul 31, 2023


Eet saam met Jesus
My ma het gereeld vir my gesê: “Ai, Sus, dit is so lekker om te eet.” En ja, is dit nie lekker om te kan eet nie. Op ‘n onlangse roete deur
Marietjie Joubert
Jun 13, 2023


Die oordeel is af
Wat ‘n fenomenale God dien ons nie! Tog het Hy gekies om Hom nie as ‘n komplekse God van wetenskaplike teorieë, syfers, dogmas of intellektu
Stephan Joubert
Apr 21, 2023


Geen “pity party” nie, want Jesus is terug
In Engels praat mense soms van ’n “pity party”. Dit gebeur wanneer jy jouself eindeloos jammer kry. Dit gebeur wanneer jy begin glo niemand se lot is so swaar soos joune nie. Dit gebeur wanneer jy voel niemand kry jou jammer genoeg, terwyl jyself in jammerkry-laagte vasgeval het nie. Presies so-iets gebeur met die dissipels daardie eerste Sondagaand na Jesus se kruisiging. Hulle eerste “aanddiens” het maar droewig afgeskop, soos wat Johannes 20:19-24 vir ons vertel. Hulle het
Stephan Joubert
Apr 10, 2023


Die kruis is nie ‘n vroom fotosessie nie
Selfies saam met bekendes is gewild. Almal wil graag foto’s saam met hulle helde hê. Nog altyd wil mense in die teenwoordigheid van bekendes gesien word. In die era voor kameras was dit ook die geval. Gaan kyk maar na baie skilderye van Jesus se kruisiging deur die eeue, dan sien jy hoeveel mense het hulleself laat inverf in tonele van Sy kruisiging. Koninklikes en magshebbers het gedurig rondom Hom by Sy kruisiginggestaan. In vandag se taal sou ons sulke skilderye die selfie
Stephan Joubert
Apr 3, 2023


Doen meer as om net op te staan vir die waarheid
’n Oorsese vriend sê een keer vir my ons is te veel daarop ingestel om op te staan vir die waarheid, maar te min om vir die Here te leef. “We don’t need a standpoint, we need a walking point,” was sy presiese woorde.
Stephan Joubert
Feb 9, 2023


Dit gaan oor Jesus, nie oor ons nie
Die feesseisoen het reeds ’n paar weke gelede afgeskop, maar tans versnel dinge behoorlik. Tafels moet in gereedheid gebring word vir die groot Kersfeesete. Kos moet voorberei word en geskenke moet toegedraai word. Dis geen wonder dat hierdie dae vir party mense ’n spanningsvolle tyd is nie. Ma’s moet van vroeg tot laat vir familie en vriende regstaan; pa’s moet braai dat dit klap; kinders moet help huis skoonmaak… Miskien is dit nodig dat ons almal vandag net een tree terugs
Stephan Joubert
Dec 26, 2022


Kersfees is nie altyd ’n mens se speelmaat nie
Kersfeestyd is vir baie mense gelyk aan spandeertyd. Dan loop al daardie swaarverdiende geldjies soos stroop. Vreesloos bestorm mense die winkels asof dit die laaste keer is dat hulle dit ooit sal doen. Terwyl kasregisters op die maat van bekende Kersfeesmusiek oortyd werk, is mense in ’n kooplustige bui. Elke jaar gaan dit so. Elke jaar waarsku party predikers ook teen ’n “wêreldse" Kersfees. Party ander gaan selfs jaar na jaar so ver om te sê ons moenie eens hierdie fees vi
Stephan Joubert
Dec 19, 2022


Kersfees
Elke jaar as die Kersversierings en groot Kersbome in die winkels verskyn, raak ek opgewonde. Ek hou van Kersfees. Dit is ‘n besondere tyd van die jaar. Die kleure is warm en uitnodigend, dis bekend en maak jou hart sommer warm. Hier in Afrika, waar ons ‘n somerkersfees hou, is dit so ‘n bietjie anders as in die noordelike halfrond. Ons beplan volgens die weer en ons spyskaarte verskil dalk, maar ons is lief om ook die feesdag voluit te vier.
Marietjie Joubert
Nov 29, 2022


Christus is dieselfde, al verander alles
Geen handboek kon ons voorberei het op hierdie nuwe wêreld, waarbinne ons tans leef nie. Die Corona-virus het ons deel gemaak van ’n wêreld van konstante verandering. Die Europese denker, Zygmunt Baumann, het juis die term “liquid modernity” gebruik om ons onseker tydsgees mee te beskryf. Hiermee bedoel hy alles is aan’t vloei. Niks in die samelewing hou meer vir lank nie. Stelsels raak gouer in onbruik as die tyd wat dit geneem het om hulle op te rig.
Stephan Joubert
Sep 26, 2022


Een van ons
Ek hoor onlangs van die bestuurder van ‘n groot Amerikaanse waspoeiermaatskappy, wat in Sjina werk, maar wat eers vir ‘n paar maande tussen die plaaslike mense daar gaan bly het voordat hulle produkte geloods is. Toe vind hy in daardie tyd uit dat die water in Sjina te “hard” is en nie skuim maak as waspoeier bygevoeg word nie. Hierdie slim bestuurder se oplossing het miljoene rande aan sy maatskappy besorg, toe hy ‘n nuwe ensiem by hul waspoeier gevoeg het, wat skuim maak. D
Stephan Joubert
Sep 16, 2022


Jesus verloor alles om te wen
Tussen die jare 1904 -1906 was Ossip Bernstein die negende beste skaakspeler ter wêreld. In 1918 is hy in Moskou gearresteer, omdat hy geldelike advies aan vyande van die staat verskaf het. Toe is hy ter dood veroordeel. Die dag voor Bernstein se teregstelling het ’n senior offisier hom in die tronk herken. Hy het vir Bernstein tot ’n skaakwedstryd uitgedaag, met die belofte dat sy lewe gespaar sou word, indien hy sou wen. Bernstein het dit maklik reggekry. Sy lewe is gespaar
Stephan Joubert
Sep 8, 2022


Vandag is ’n nuwe dag in Jesus se nabyheid
Vandag is ’n nuwe dag. Vandag verskuif die wêreld in die regte rigting. Vandag is die Here se nuwe dag. So vertel die Lukas-evangelie ten minste vier keer vir ons. Hierdie nuwe vandag breek aan, wanneer die engele in Lukas 2:10 bokant Betlehem uitroep: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!” Jesus se koms lei God se vandag in. Die Messias en die Verlosser van die wêreld se koms is gelyk aan God se nuwe vandag!
Stephan Joubert
Aug 22, 2022


Navolgers van Christus is nie toeskouers nie
“Baie mense dien nie meer die Here nie.” “Dit gaan sleg omdat die mense van Suid Afrika nie vir God eerste stel nie.” “As mense net terugkeer na die Here toe, sal Hy ons land seën.” “As mense net wil kerk toe kom, sal dit beter gaan met ons mense.” Elke keer as ek sulke uitdrukkings hoor, is ek uitasem. Ek meen, wanneer sal diegene wat sulke dinge sê, tevrede wees?
Stephan Joubert
Jul 11, 2022


“Onthou jy my?” Of is die vraag eerder: “Onthou Ek jou?”
“Onthou jy my?” Ek moet sê, ek vrees hierdie vraag. Dikwels moet ek al teenoor sulke vraagstellers erken dat my geheue my in die steek gelaat het. As ek in mense vasloop wat ek veronderstel is om te ken, maar ek doen nie, is ek aldag verleë. In elk geval, eendag in die toekoms gaan hierdie einste vraag: “onthou jy my?” baie gewild wees. Jesus sê in Matteus 7 dat baie mense hierdie vraag vir Hom gaan vra op die heel laaste dag. Hulle sal by Hom wil weet of Hy nog weet wie hull
Stephan Joubert
Jul 7, 2022


Nogeens geen hemelse vakuum nie
Dis vir Jesus baie belangrik dat ons die boodskap duidelik moet kry dat dit nie tot ons voordeel is dat Hy nie hier tussen ons op aarde aanbly nie. Daarom dat Hy dit vir ‘n tweede keer in Sy onderrig oor die Gees se werk in Johannes 14 en 16 hier sê. Jesus kon net een plek op ‘n keer wees toe Hy nog op aarde was. Maar die Gees is oral gelyktydig. Daarom is dit ‘n wonderlike omruiling: in die plek van Jesus, wat op pad is hemel toe, kom die Gees vanuit die hemel aarde toe. Daa
Stephan Joubert
Jul 1, 2022


Wat ‘n erfporsie!
Jesus se weggaan is tot ons voordeel. Dit sê Hy baie duidelik in Johannes 14:26: Want nou kan God se Gees orals in Sy mense werk. Dis Jesus se versekering aan ons. Ons kry die volle voordeel van Sy hemelvaart in die Persoon van die Heilige Gees. Hy vul die geweldige leemte, wat Jesus se weggaan gelaat het, tot oorlopens toe. Die Gees staan die ganse plek van Jesus vol. Nee, Hy verteenwoordig Jesus in en by ons. Hy het immers gekom om Jesus te verheerlik en om Sy woorde in ons
Stephan Joubert
Jun 24, 2022


Nie weeskinders nie
Volgens Johannes bly die Heilige Gees vir altyd by ons om ons aan al Jesus se woorde en dade te herinner. Om ons lewe in pas met God se plan te bring, bou die Heilige Gees ons lewenshuise op Christus as enigste Fondament. Terselfdertyd rig Hy reg in die middel van ons lewenshuise vir Jesus ’n troon op en laat elke vertrek van ons lewe op hierdie “troonsaal” uitloop. Hy maak seker dat ons nie soos weeskinders voel, wat familieloos is nie. Nee, Hy verbind ons dag vir dag aan on
Stephan Joubert
Jun 17, 2022


Die Trooster / Helper is by ons
Bouers werk gewoonlik onder groot druk. Skaars is een gebou voltooi, dan verskuif hulle na ’n nuwe bouperseel om weer van voor af te begin. Die Heilige Gees is ook aan die bou in al Sy kinders se lewens. Die goeie nuus is dat Sy bouprogram in ons lewe nooit tot ’n einde kom nie. Hy verskuif nooit uit ons lewe na ‘n ander perseel toe nie. Ons is onder lewenslange aanbouing en herskepping van die Gees. Boonop gebruik Hy die heel beste boumateriaal. As die hemelse Meesterbouer b
Stephan Joubert
Jun 3, 2022


Onder permanente bearbeiding
Wat ‘n belofte gee Jesus nie hier in Johannes 14 oor die Gees nie. Hierdie aardskuddende woorde volg kort voor Sy lyding en dood, wanneer Jesus Sy dissipels eenkant onderrig. Jesus maak dit eerstens duidelik dat Hy met die Vader self sal gaan praat om die Gees na alle gelowiges toe te stuur. Dis Sy waarborg aan Sy volgelinge kort voor Sy lyding en Sy vertrek hemel toe.
Stephan Joubert
May 27, 2022


Nog eens, heilige chaos!
Terwyl te veel kerklike aktiwiteite doodveilig en voorspelbaar is, is die regte lewe daarbuite meestal onveilig en onvoorspelbaar. Die lewe is soms chaoties, seer en swaar. Mense se lewens val daarom nie ordelik uitmekaar nie. Dinge loop nie beskaafd buite beheer nie. Sommiges hou maar net ‘n vroom front voor, maar chaos kenmerk hierdie woeste lewe waarbinne ons leef. Storms woed. Donker wolke rol in. Chaos volg op die hakke van armoede, siekte, misdaad, wanvoeding, gebroke f
Stephan Joubert
May 13, 2022
bottom of page
