top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Nuwe Hoop
Terwyl ek besig is om hierdie te skryf, staan die land se Covid 19-syfers in Gauteng op 47,7% uit ‘n 100 mense wat Covid-positief is. Dit is absoluut skrikwekkend en ontstellend. Ons ken almal iemand, wat in isolasie is. Ons is bang, onseker, kwaad, gefrustreerd, raadop, dalk siek of aan die herstel. Dalk is jy hartseer oor geliefdes, wat van jou weggeneem is! Ek voel ontneem van my sosiale lewe en my vriende.
Marietjie Joubert
Jul 13, 2021


Om dapper by die dood verby te stap
Feodor Dostoyevski (1821-1881) was ’n beroemde Russiese skrywer en denker. 23 Desember 1849 was amper die einde van sy lewe. As lid van ‘n vereniging, wie se publikasies die Russiese tsaar bedreig het, is hy ter dood veroordeel. Saam met ander gevangenes sou Dostoyevski in St. Petersburg deur ’n vuurpeleton tereggestel word. Minute voor sy teregstelling het ’n amnestiedokument van die tsaar egter daar opgedaag en sy lewe is gespaar. Kort hierna skryf Dostoyevski ’n brief vir
Stephan Joubert
Jun 7, 2021


“Carpe Manana”
Carpe diem - Gryp die dag! Ons het dit al baie kere gehoor. Maar hier teen die einde van ’n ontstuimige 2020 moet ons ook ’n ander uitdrukking hoor: carpe manana: Gryp die dag van môre! Môre hierdie tyd is dit volgende jaar. Die sand het regdeur 2020 se Korona-aangedrewe uurglas geloop. Nou word ons uitgedaag om vorentoe te stap. Die beste manier om dit te doen, is om ons hande in God se sterk hand te sit.
Stephan Joubert
Dec 31, 2020


As dinge beter raak, word jy nie vanself blyer nie
Mense is van nature probleem-raaksieners. Dit bevind die bekende Amerikaanse navorser Dan Gilbert. In een van sy studies oor geluk kom hy tot die gevolgtrekking mense is oor die algemeen slegte beoordelaars van dit wat hulle gelukkig maak en wat nie. Selfs wanneer probleme binne enige situasie verminder, soek mense dadelik na ’n paar nuwe moeilikhede. Of hulle skep sommer ’n paar nuwes. Of hulle maak klein probleme skielik groter as wat dit tevore was.
Stephan Joubert
Oct 29, 2020


RARE leiers is, wel… raar!
Daar bestaan vandag talle bronne wat die effektiwiteit van leiers meet. Hierdie effektiwiteit hang ook natuurlik af van die tyd waarin ‘n mens leef en wat werklik nodig is in elke fase van die geskiedenis. Vanaf die begin van Modernisme was daar baie klem gelê op die oordrag van inligting. Leiers was mense met die regte kennis. Later was die fokus op resultate en aanspreeklikheid weer in die mode gewees. Die laaste klompie jare is daar geweldig klem gelê op emosionele intelli
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Aug 12, 2020


My manifes vir Korona-tyd
Die Here is my Herder. Hy lei my deur elke donker vallei en langs elke groen weiveld. Ek laai graag ander se laste op my skouers. Dit gaan nie net oor myself in hierdie tyd nie. Omdat Christus my dra, is daar spasie vir ander mense in my lewe. Ek luister, bid en help graag waar ek kan.
Stephan Joubert
Jun 8, 2020


Wat Batman ons kan leer oor vrees
As daar een emosie is wat mense in hierdie Corona-Lockdown-tyd moet leer verwerk is dit ons vrese. Diegene van ons wat nie tans verlammende vrees beleef nie, is tog diep besorg oor sekere verwikkelinge in hierdie tyd. Maar selfs onder die grootste optimiste onder ons, fluktueer ons gevoelens maar baie tussen gesonde besorgdheid en toksiese vrees. Ons vrees die toekoms en veral die ekonomiese impak wat Covid 19 op die horison vir ons laat wag.
Roedolf Botha
Apr 14, 2020


Wat gemaak as wolf begin blaas?
Onthou jy die storie van wolf en die drie varkies? Wel, dan onthou jy sekerlik ook wolf se beroemde woorde: “Little pig, little pig, let me
Stephan Joubert
Feb 3, 2020
bottom of page
