top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Geskenkuitdeler
Lees gerus Stephan Joubert se nuutste Heilige Gees artikel "GeskAs deel van die Heilige Gees se “liggaamsbouprogram” om Sy kerk uit die intensiewe eenheid te kry, deel Hy geskenke aan ons uit, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:1 - 11 vertel. Paulus noem hierdie geskenke genadegawes (“charismata” in Grieks). Elke Christen ontvang minstens een gawe by die Here. Nou ja, net ter wille van duidelikheid: Gawes is al ons talente wat ons tot God se eer en tot ander se voordeel gebru
Stephan Joubert
Aug 13, 2021


Verskeidenheid en eenheid
Die groot les wat Paulus vir ‘n verskeurde kerk in Korinte wil leer, is dat die liggaam van Christus hier op aarde, oftewel Sy kerk, soos wat ons dit noem, een is. Christus se kerk is ‘n organiese eenheid. Hier val die klem nie op elke afsonderlike ledemaat nie, maar op die liggaam as geheel. Daarom is dit elke ledemaat se funksie om die groter prentjie raak te sien en in diens te staan van die ganse liggaam. Tussen Christus se mense gaan dit nie oor elkeen se uniekheid, wat
Stephan Joubert
Aug 6, 2021


‘n Gemeente in die intensiewe eenheid
Daar het ’n vreemde ding in Korinte gebeur. ‘n Klompie snaakse liggame het skielik hul opwagting daar gemaak. Wat ‘n vreemde gesig was dit nie: ‘n spul oë op ‘n hoop; dan weer ‘n klomp neuse, ore, wysvingers - noem maar op. Die skokkendste van alles was dat hierdie vreemde lywe in die kerk te siene was. Wat was die rede hiervoor? Wel, sommige gemeentelede het begin dink hulle is die belangrikste. Daarom moes al die aandag op hulleself val - op al hulle indrukwekkende gawes en
Stephan Joubert
Jul 30, 2021


Geloofskepper
Egte geloof is ‘n gawe van die Gees. Ja, dis ek wat my tot God bekeer. En dis ek wat glo. Maar agter dit alles staan die Gees. Dis Hy wat die saad van geloof in my laat ontkiem. Daarom is geloof
Stephan Joubert
Jul 23, 2021


Ligloop vir stilstaan
Wees elke dag op die regte pad, op God s’n. Laat die Gees jou begerig maak om só te leef dat jou lewe vir God soos ‘n aangename geur is. Leef in die Lig. Plaas jou hand in Syne. As jy dit nie daagliks doen en voluit saam met Hom stap nie, dan raak jy ‘n dag op ‘n slag agter. As jy net aan jou eie oorvol program aandag gee en nou en dan afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie verbaas wees dat jy geestelik uitgeput raak nie. Of dat jy ‘n geestelike verkeersknoop op die hoo
Stephan Joubert
Jul 16, 2021


Dankbaarheid verdryf selfs die ouderdom
Dis nogal ‘n refrein, wat ek dikwels hoor: “Ek wil nie soos oom X of tannie Y oud word nie. Hulle is onvergenoegd.” Goddank, daar is meer mense, wat mooi oud word as diegene, wat met langer lippe elke nuwe lewensjaar trotseer. Hoe gemaak dat jy nie een van laasgenoemde kategorie word nie? Eenvoudig! Jy laat die Gees jou vervul. Jy maak soos ‘n Geesgevulde Dawid op sy oudag in Psalm 37:21 - 25. Jy hou jou oog op die Here en op Sy goedheid, nie op al jou pyne, skete en tekorte
Stephan Joubert
Jul 9, 2021


Dankbaar
Nog ‘n lewensbelangrike bewys van die vervulling met die Here se Gees is ‘n lewe van dankbaarheid. Sy inwoning by my verander my in ‘n dankbare mens, wat weet dat alles wat ek is en het, van Hom alleen afkomstig is. Op my eie is ek net mooi niks, net ‘n stoffie in die weegskaal en slegs ‘n druppel in die emmer. Maar dis die Gees wat my opgerig het om ‘n lewende instrument in Sy hande te wees. Daarom dat Hyself my hart met arms vol dankbaarheid oorlaai.
Stephan Joubert
Jul 2, 2021


Sing om te onthou
Musiek roer ons diepste emosies. Dis dus geen wonder dat dit so ‘n groot rol in ons verhouding met die Here speel nie. Musiek, wat uit ons harte kom, wys dat ons Geesvervuld is. As Moses byvoorbeeld aan die einde van sy lewe van die Israeliete afskeid neem en God se pad vir oulaas aan hulle voorhou, dan doen hy dit singend. Moses maak God se wil melodieus in Deuteronomium 32 bekend. Hy sing as hy leer. Hy maak musiek as hy God se wil vir die Here se mense oopbreek.
Stephan Joubert
Jun 25, 2021


Geesvervuldheid maak musiek, die regte soort!
God se Gees se werking en musiek loop ook hand aan hand. Dit leer Paulus my in Efesiërs 5:19. Om Geesvervuld te wees beteken om nuwe liedere te sing. Dit beteken om God se lof vanuit my hart te laat opbruis oor my lippe. Die Gees maak my tot oorlopens toe vol met dankbaarheid. Hy laat lof en vreugde oor my stroom. Daarom kan ek nie anders as om te sing nie. Daarom wil ek van die bergtoppe af uitroep dat God groot en goed is. Daarom wil ek op elke straathoek uitbasuin dat die
Stephan Joubert
Jun 18, 2021


Vol, voller, volste!
Verlede week het ons stilgestaan by daardie kanonteks, Efesiërs 5:18. Daar het ons geleer dat ons moet toelaat dat die Gees ons elke dag vervul. Maar ons kan hierdie vers nie as ‘n losstaande teks hanteer nie. Die omringende verse in Efesiërs 5 vertel selfs nog meer vir ons oor die aard van die vervulling met die Gees. In vers 17 leer ons byvoorbeeld dat ons met wysheid moet lewe. Paulus leer ons hier om dwaasheid te vermy ten einde die wil van God te verstaan.
Stephan Joubert
Jun 11, 2021


Geesgevuld
Sekerlik die bekendste teks oor die Heilige Gees se werk saam met Handelinge 1:8, is Efesiërs 5:18. Hier stel Paulus dit onomwonde dat ons nie onsself aan drank te buite moet gaan nie. Maar dieselfde verbod geld hoegenaamd nie wat die Gees betref nie. Inteendeel. Ons moet oorboord gaan as dit by Hom kom. Ons moet toelaat dat Hy ons ganse bestaan elke dag vervul.
Stephan Joubert
Jun 4, 2021


Wat ‘n geskenk!
Die Gees se werk in die kerk en in ons elkeen se lewe is oorweldigend. Die Heilige Gees werk agter die skerms en ook openlik in ons almal. Ons as Christene staan almal onder die nuwe bestuur van die Heilige Gees, soos wat 1 Korintiërs 6:18 my leer. Ons is Sy lewende tempels. Die Heilige Gees is ook die seël vanaf God se kant dat ons aan Hom behoort. Hierdie boodskap hoor ek vars en nuut in Efesiërs 1:14. Hy waarborg die egtheid van ons geloof. Dan is die Gees boonop ook die h
Stephan Joubert
May 28, 2021


Nog eens - die toekoms word gewaarborg!
Die Gees is God se waarborg dat ons elkeen, wat aan Hom behoort, se toekoms veilig is. Om dit te onderstreep, noem Paulus in 2 Korintiërs 5 die Gees nog eens die waarborg van God. Hier is hy besig om te vertel van die nuwe lewe anderkant die dood, wat God tans besig is om vir ons voor te berei. Dan onderstreep hy die absolute sekerheid dat dit wel sal aanbreek deur die Gees se rol as hemelse waarborg uit te lig. Net soos in Efesiërs 1:13-14 en vroeër in 2 Korintiërs 1:22, bev
Stephan Joubert
May 21, 2021


God se lewende offer
Wat ‘n fenomenale beeld vir die Heilige Gees se werk gebruik Paulus nie hier in Romeine 8:23 nie. Dit laat my skoon na my asem snak! In die Ou-Testamentiese tyd het Israeliete die eerste opbrengste van hul oes aan die Here gewy. Paulus sê egter hier dat die rolle nou totaal en al omgeruil het: nou is dit nie meer ons wat offers aan God hoef te bring nie. Nee, Hy bring nou ’n offer aan ons en hierdie offer is niemand minder as Sy Gees nie. God gee so baie vir ons om dat Hy Sy
Stephan Joubert
May 14, 2021


Gee al die spasie vir die hemelse Binnehuisversierder
Dit was die skrywer Franz Kafka, wat gesê het ’n goeie boek moet soos ’n byl wees om daardie bevrore oseaan binne-in ons elkeen oop te breek. Op sy beurt skryf Paulus in 2 Korintiërs 3:2-3 dat dit God se Gees is wat ons harde harte verander en oopbreek. Hy doen dit wanneer Hyself ons harte as Sy nuwe skryfpapier gebruik. Die Gees skryf nie meer op harde klip, soos daar in Moses se dae toe die wet nog op kliptafels was nie. Hy skryf hier binne-in ons. Met die Woord as Sy rigsn
Stephan Joubert
May 10, 2021


Beseël vir die groot fees!
Die voorregte uit God se hand, waaraan ons nou reeds deel het, is maar net ’n voorsmakie van dit wat nog voorlê. Hiervan is die Gees die persoonlike waarborg. Hy sal sorg dat ons die wenstreep haal. Hy het ons beseël as God se persoonlike eiendom. Hy is die deposito, wat ons Hemelse Vader as vooruitbetaling op ons elkeen se lewe inbetaal het om ons te verseker dat niks of niemand sal keer dat ons die groot feesbanket in die hemel haal nie. Ons is mense met die toekoms in ons
Stephan Joubert
May 7, 2021


Die Gees as waarborg
In Efesiërs 1:14 skryf Paulus dat die Gees die waarborg of deposito van God se kant af is, dat ons vorentoe alles van Hom sal ontvang, wat Hy in Sy twee Testamente aan ons belowe het. Die woord, wat Paulus hier in die Grieks vir ’n deposito gebruik, dui op ’n kooptransaksie, waar die eerste bedrag op ’n bepaalde item betaal word met die veronderstelling dat die res van die geld later oorbetaal sal word. Hoekom is dit so ‘n belangrike beeld van die Gees se werk? Wel, omdat dit
Stephan Joubert
Apr 30, 2021


God se amptelike stempel
Paulus gebruik ‘n merkwaardige beeld of twee vir die Heilige Gees hier in 2 Korintiërs 1:22 en later ook in Efesiërs 1:13 - 14. Die beeld van ‘n seël, wat die apostel eerstens aanroer, hou verband met die seëls of stempels van hooggeplaastes, soos goewerneurs of die keiser, wat in Paulus se dag op amptelike dokumente geplaas is. Watter belangrike boodskap dra dit aan ons oor? Ja, natuurlik vertel dit dat ons beseëldes van die Here self is. God waarborg self die egtheid van Sy
Stephan Joubert
Apr 23, 2021


Gerubs op wiele
Esegiël is nie ’n maklike teks om te verstaan nie. Dit is nie soseer die boodskap wat moeilik is nie, maar eerder die beskrywings van die kragtige visioene, wat my maag op ’n knop laat trek. Tog breek die Gees dikwels ook die moeilike verse soos ’n ryp granaat oop, sodat ek die sappige vrug kan eet en persoonlike betekenis in ’n spesifieke gedeelte vind. So is dit ook met Esegiël 1.
Liezel Lüneburg
Apr 20, 2021


Is jy betyds?
In sy nuutste Heilige Gees artikel vra Stephan Joubert of jy betyds is vir God se groot planne van vandag?
Stephan Joubert
Apr 16, 2021


Op Sy voorwaardes
God is nie in ons diens nie. Hy werk nie vir ons nie. Ons bepaal nooit die voorwaardes van hierdie verhouding nie. Nee, ons behoort aan Hom omdat sy Gees ons eksklusief vir sy diens afgesonder het. Daarom moet ons God dien, soos wat Hy Homself in die Bybel aan ons bekendstel en nie ons eie idees van hoe Hy behoort te wees op Hom projekteer nie.
Stephan Joubert
Apr 9, 2021
bottom of page
