top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ordelikheid beteken iets anders
Die Heilige Gees as Hemelse Gawe gee verskillende hemelse gawes aan alle Christene. Daar is nie net een groep gawes nie. Die Heilige Gees gee altyd dié gawes aan ons, wat ons vandag nodig het om God te verheerlik en ander te dien. Elke gelowige se gawe(s) is noodsaaklik vir die effektiewe funksionering van die kerk. Daarom moet ons sorg dat ons dit tot voordeel en opbou van mekaar aanwend. Die Heilige Gees gee Sy oorvloedige liefde in ons harte sodat ons met woord en daad vir
Stephan Joubert
Apr 29, 2022


Ligloop vir selfsugtige kerkwees
Kerkwees gaan nie oor myself nie, nie eens amper nie. Dit gaan oor Christus en ander. Om my wil op ander mense af te dwing om soos ek te dink of presies soos ek die Here te dien, is om God se genadepad te versteur. Dis om geestelike geraas te maak. Terloops, ‘n mens noem dit selfsug!
Stephan Joubert
Apr 22, 2022


Godsdienstige kontroleurs moet uit die pad staan
Paulus se woorde in 1 Korintiërs 14 oor die gawes word dikwels verkeerd gebruik om alle vorme van spontaniteit in die kerk aan bande te lê. Een of ander diepgewortelde behoefte aan kerklike beheer verander geestelike leiers op te veel plekke in geestelike polisiemanne, wat eksklusief wil besluit wie’s in en wie’s uit en wat’s reg en verkeerd. Nou ja, natuurlik moet sonde by die kerklike hekke gestuit word, soos wat Paulus in Handelinge 20 vra. Maar dit gebeur altyd by wyse va
Stephan Joubert
Apr 15, 2022


Ander se voordeel is die enigste wagwoord
Die man, wat sekerlik die diepste geestelike ervarings van almal daar in die Korintiërgemeente gehad het, naamlik Paulus self, doen die verstommende deur sy eie ervarings met die Here nooit as bewys vir sy eie geestelike volwassenheid te gebruik nie. Dis juis oor hierdie punt dat die apostel en sy gemeente gedurig haaks was. Want hulle het gedurig bewyse van sy geestelike diepte in sy ervarings met die Here gesoek, soos wat Paulus later in 2 Korintiërs 10-13 vertel. Maar Paul
Stephan Joubert
Apr 8, 2022


Persoonlike geestelike ervarings is nie waaroor dit gaan nie
Dis jammer dat daar in verskillende groepe ‘n skeiding tussen die Gees se werk en ons denke bestaan. Vir hulle beteken Paulus se uitsprake hier in vers 15-17 oor gebed in my gees dat hierdie “dieper geestelikheid” eintlik teenoor my verstand staan. Om oor God te dink en Sy wil na te speur, is hiervolgens eintlik maar nog net die beginstadia van geloof. Eintlike geloof is daar waar die Gees oorneem en ek in geestesvervoerings raak of in my gees bid. Die punt is dat hierdie inn
Stephan Joubert
Apr 1, 2022


Van selfopbou na mekaar-opbou
Daar’s niks mee verkeerd dat ek omsien na my eie geloofsopbou nie. Ek moet dit juis doen. Hier op die vlak van persoonlike geloofsopbou hoort die spreek-in-tale-gawe volgens Paulus tuis. Maar die fokus van die gawes van die Gees is nie ten eerste my eie geloofsopbou nie. Gawes gaan oor ander; dit gaan oor mekaar opbou. Profesie is daarom so belangrik.
Stephan Joubert
Mar 25, 2022


Praat reg namens God
Die reg om namens God te praat, het indiwidue nog altyd deur die geskiedenis op hulle skouers geneem. Profetiese figure, wat alleen teenoor die ganse samelewing staan met ‘n sterk woord van die Here se kant af, is bekend in die Ou Testament. Om God se stem te wees, is egter ‘n moeilike saak. Dit is meestal ‘n tipe “teenoor”- posisie. God en Sy profeet, wat staan teenoor die massa; die hemelse spreekbuis teenoor vals stemme. Maar wie mag namens God Sy saak stel? In die Bybel i
Stephan Joubert
Mar 18, 2022


Profesie is die belangrikste
Bo al die ander gawes lig Paulus profesie in 1 Korintiërs 14 uit. Volgens hom is dit die belangrikste geestelike gawe. Hy gee ook die rede hiervoor in vers 3. Hierdie gawe doen drie dinge in die lewens van ander: dit bou hulle op, dit bemoedig hulle in hul geloof en dit versterk hulle geestelik. Daarom stof profesie alle ander gawes uit as dit by nuttigheid en die geestelike waarde daarvan kom.
Stephan Joubert
Mar 11, 2022


Gaan vir die beste
Gaan vir die beste gawes – so skryf Paulus. Wat bedoel hy? Wel, soos wat ons gister gesien het, stel Paulus nie ten diepste so baie belang in daardie geestelike gawes, wat slegs indiwidue in hul eie verhouding met die Here opbou nie. Nee, die eintlike punt van kerkwees is nie my eie geloofsopbou nie, maar die opbou van ander. Nee, wag, jy het dit nie mooi gehoor nie. Kom ek sê dit weer: die belangrikste gawes in die kerk is daardie wat ander gelowiges opbou! Dit gaan oor ande
Stephan Joubert
Mar 4, 2022


Die Gees doen die oortuigingswerk, nie ek nie
Feite oortuig mense nie … nie altyd nie. Of genoegsaam nie! Een studie, wat ek gelees, het bevind dat pogings om mense met harde feite te probeer oortuig om hulle gedrag te verander, is sowat 3% effektief. Wanneer mense egter met empatie begelei word om hulle gedrag te verander, dan doen 37% dit. Dit geld ook wat Bybelse waarhede en inhoude betref. Ons hoef nie oor die waarheid te skree nie. Ons hoef nie al ons hoop te plaas op massas feite nie, selfs al is Bybelse feite nooi
Stephan Joubert
Mar 3, 2022


Bou ander se geloof op
Die Heilige Gees verander my vanaf ’n selfsugtige wese, wat dink dat die ganse heelal om my draai, in iemand wat agterkom dat God en ander mense op die ou end belangriker as ekself is. Eintlik is alle Christene ewe belangrik vir die Here. Daar’s nie een Christen, wat so ‘n paar treë nader aan die Here staan as iemand anders nie. Ek leef maar net asof alle ander mense belangriker as ekself is, maar die feit is dat ons almal gelyk is in God se oë.
Stephan Joubert
Feb 25, 2022


Amper is nie stamper nie
“Jy het my amper tot aksie beweeg,” sê iemand droogweg vir my na ‘n preek. Later, toe ek hieraan terugdink, skiet koning Agrippa se woorde in Handelinge 26:28 deur my kop. Dit was terwyl hy na Paulus geluister het, toe hy ’n gevangene in Sesarea-Maratima was. Toe het Agrippa gesê Paulus beweeg hom byna om ’n Christen te word. “Amper is nog nie stamper nie,” sou my oupa dadelik gesê het.
Stephan Joubert
Feb 24, 2022


Gebruik hulle reg
Wat ’n voorreg dat die Heilige Gees by elkeen van ons juis daardie hemelse geskenke kom aflaai, wat ons nodig het om regtig bruikbaar in Sy diens te wees. Ongelukkig het baie Christene nog nooit die geskenkpapier van hulle hemelse geskenke afgehaal nie. Andere weer haal die papier slegs vir ’n rukkie af, net om dit daarna weer in ’n kas weg te pak om stof te vergader. Ons moet dadelik ophou hiermee. Ons moet ons gawes daagliks gebruik en dit ook reg doen.
Stephan Joubert
Feb 18, 2022


Stilte
Geraas is ‘n doodnormale deel van die meeste van ons se lewe. Ons motorradio gaan sommer vanself aan, wanneer ons die motor aansluit. Boonop oorspoel TV’s, DVD’s, iPods en wat nog alles ons wêreld van vroeg tot laat met geraas, beelde en klank. Stilte maak ons eintlik bang. Ons verban dit die meeste van die tyd eenkant toe. Tog praat die Here dikwels in stilte. Hy skree nooit bokant ons mensgemaakte geraas uit om ons aandag te kry nie. Hy kompeteer ook nie met die geluide en
Stephan Joubert
Feb 11, 2022


Dit vat alles
Die liefde, wat die Gees in ons harte werk, swem teen alle strome in. Wanneer ander die handdoek ingooi, stap die liefde verder. Wanneer almal van die skip afspring, bly die liefde aan boord tussen al die sterwendes en gewondes. Wanneer almal sê dis klaar met ons, sien die Here se soort liefde die klein straaltjies van hoop, wat vanuit die hemel in ons donkerte bly skyn. Die liefde kan onreg verdra en nogtans glimlag. Dit kan uitgeskel en beledig word en steeds in sagtheid an
Stephan Joubert
Feb 4, 2022


Liefde gebeur
Het jy agtergekom dat die liefde, soos wat Paulus dit beskryf, nie ‘n klompie vroom emosies is nie. Dis ook nie soetsappige gevoelens nie. Nee, liefde is werkwoorde. Liefde, die Here se soort, word gedoen. Dit gebeur. Liefde wat van God se Gees afkomstig is, is selfloos. Dit is op ander mense gerig. Dis leeg van myself. Dit wil nie ontvang nie, maar weggee. Die Here se soort liefde wil nie inpalm nie, maar ander laat wen. Dit wil nie voor in die koor staan nie, maar daardie p
Stephan Joubert
Jan 28, 2022


Staan op... uit jou gemakstoel
Niemand het nog ooit vanuit ‘n gemakstoel die wêreld andersom laat draai nie. Dis juis diegene, wat kies om uit hul geriefstoele op te staan en stroomop in plekke in te stap wanneer die res daaruit vlug, wat van die wêreld ‘n beter plek maak. Gemakstoele skep selfsugtige harte. God is egter op soek na mense, wat uit hulle gevaarlike gemakstoele opstaan en vir diens by Hom aanmeld. Hy soek manne en vroue, jonk en oud, wat bereid is om elke dag een gebed vir iemand anders te bi
Stephan Joubert
Jan 21, 2022


Liefde juig as ander wen
Party mense is meer kere bly, wanneer slegte mense hulle verdiende loon kry, as wanneer die waarheid wen. Dis ‘n fout, want midde in al die seer van die lewe giet God elke dag ruim porsies goedheid oor Sy wêreld uit. Boonop maak die liefde van die Gees dat ons jubel en bly is, wanneer Sy liefde in en rondom ons wen. Kom ons maak ons oë ‘n slag hiervoor oop. Kom ons word fynkenners van God se oorstromende genade, nie van alles wat rondom ons verkeerd loop nie. Kom ons sien raa
Stephan Joubert
Jan 14, 2022


Liefde verander my
Die liefde van die Gees verander die manier waarop ons na ander kyk. Terwyl hierdie wêreld vir die meeste mense na ’n tronk lyk, verstel die Heilige Gees ons visie sodat ons die wêreld as ’n kunsgalery begin sien, met die mense rondom ons as God se eie handewerke. Ongelukkig het die sonde groot skade aan baie mense aangerig, maar die Heilige Gees help ons om verby dit alles te kyk. In hierdie proses raak ons dan ook betrokke by mense. Ons dien hulle ten einde die lewe se krap
Stephan Joubert
Jan 7, 2022


Die liefde dra alles
Ons het reeds twee belangrike beginsels geleer oor die regte gebruik van die gawes. Die eerste een is dat die Gees se gawes veroorsaak dat ons bely Christus is die Here. Tweedens word dit aan ons gegee tot voordeel van ander gelowiges. Derdens is dit die doel van die gawes om te gedy en te groei binne die bedding van God se liefde.
Stephan Joubert
Dec 31, 2021


Maak tee vir Christus!
Een van die grootste lesse van my lewe het ek as ‘n jong outjie by ‘n kerklike kongres geleer. ‘n Klompie belangrike sprekers het ons oor nuwe maniere van kerkwees toegespreek. Tussendeur het ‘n vriendelike tannie elke dag vir ons almal daar by die kongres tee gemaak. Op die laaste dag gaan sê een van my vriende toe vir haar dankie. Haar antwoord het hom (en my) skoongeboul: “Ag Meneer, ek het net een gawe by God ontvang en dis om lekker tee te maak. Daarom maak ek oral vir m
Stephan Joubert
Dec 24, 2021
bottom of page
