top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Is Openbaring 13 se merk ‘n verwysing na die entstof teen die Corona virus?
Openbaring 13:16 praat van ‘n merk op mense voorkop en regterhand wat deur ‘n Sataniese dier aangebring word op ryk en arm, klein en groot, slaaf en vry. Skielik is dit baie predikers se gunsteling teks om vir mense te probeer oortuig dat hierdie woorde na “dié entstof teen die Corona virus” verwys. Hoe moet ons dit verstaan?
Stephan Joubert
Dec 14, 2020


My geestelike nalatenskap
Watter geestelike erfporsie laat jy na aan almal, wat met jou te doen het? Teveel mense werk hulle morsdood om ‘n aardse erfporsie na te laat, wat slegs met materiële dinge te doen het. Wat laat ons egter na as navolgers van Jesus? Kyk net na die nalatenskap van Petrus en die ander apostels in Handelinge 5. Hulle lewens het getuig dat Christus die Here is. Dit het almal dadelik besiel.
Stephan Joubert
Dec 4, 2020


Sywurms
“Nee, Pappa, ek soek meer van die kleiner blare,” beduie sy met haar wysvingertjie. Ek het self gereken dat die groter blare beter is, maar Wysvingertjie weet duidelik beter. Haar pa skud sy kop en begin eerder nader aan die takke se punte pluk. “Hulle is sagter en sappiger vir die wurmpies,” verduidelik sy blinkoog vir my. Die kuiltjie in haar linkerwang duik op. “Hulle los heeltemal op in die kokon,” giggel sy.
Siegfried Louw
Aug 11, 2020


Twee dinge
Maarten Luther het gesê daar is twee dinge wat elke mens alleen moet doen. Om te glo en om dood te gaan. Niemand anders kan namens jou glo of sterf nie. Op die ou end is dit jy wat met jou eie lewe voor God moet staan. Geloof is die enigste sleutel om die lewe én die dood te oorleef! Maar tog is geloof ten diepste ook ‘n gawe van die Gees. Dis Hy wat die saad van die Woord op goeie grond in my hart laat val het. Dis ook Hy wat gekeer het dat die aasvoëls vanuit die doderyk di
Stephan Joubert
Aug 7, 2020


Jy leef. Jy het die dood geklop.
Feodor Dostoyevski (1821-1881), die bekende Russiese skrywer se eie lewe was op 22 Desember 1849 amper verby. Hy is ter dood veroordeel as lid van ‘n literêre vereniging wie se publikasies bedreigend was vir die Tsar. Hy sou op ‘n plein in St Petersburg tereggestel word saam met ander gevangenes. Toe word daar aangekondig dat die tsar besluit het om hulle lewens te spaar.
Stephan Joubert
May 14, 2020


God se liefde het ’n lyf
Hy het die wêreld vir altyd andersom laat draai- hierdie Man wat geen boek geskryf het nie, geen land regeer het nie, geen weermag rondom Homself geskaar het nie, en geen politieke of ekonomiese mag besit het nie. Ek praat van Jesus. Sy dissipels was eenvoudige mense. Sy aanhangers het uit sondaarskringe gekom. Sy vyande het hom afgeskryf as ’n godslasteraar, maar sy navolgers het bely Hy is die Messias, die Seun van God. Met sy woorde het Jesus bose magte laat vlug en siekte
Stephan Joubert
Apr 6, 2020


My God, my God waarom?
Musiek is deel van die lewe en van die dood. Daarom sing ons ook by begrafnisse. Maar Jesus sing selfs terwyl Hy besig is om dood te gaan. Meer korrek, Hy kreun die woorde van Psalm 22 uit daar aan die kruis: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” 'n Klaagpsalm weerklink daar by Golgota op die Seun van God se lippe, een van verlatenheid.
Stephan Joubert
Apr 2, 2020
bottom of page
