top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Bitterheid
Genesis 4 vertel die bekende verhaal van Kain se woede en bitterheid, wat uitloop op die moord van sy broer, Abel. Kain was kwaad en bedruk,
Elmarie van der Westhuizen
Sep 13, 2023


Moenie dat ouderdom jou ooit onkant betrap nie
Spreuke 16:31 sê grys hare is soos ’n kosbare kroon vir mense, wat weet hoe om reg te leef. Party mense word egter meer omgesukkeld namate hulle ouer word. Hulle sê wat hulle wil net wanneer hulle wil. Hulle kritiseer alles en almal van vroeg tot laat. Sulke bitterheid daag nie oornag op nie. Dit kom ’n lang pad. Kwaai jongmanne verander algaande in knorrige ou ooms. Moeilike dames ontaard later in selfgesentreerde tannies.
Stephan Joubert
Jun 22, 2023


Kom sit hier by die regte vuur
Lewensgevaarlike vure brand orals, vure van haat, geweld, ongeloof en vernietiging. Die skade wat hierdie vure aanbring, is onberekenbaar groot. Almal in die nabyheid van hierdie vure brand seer. Hier doen almal ernstige brandwonde op, brandwonde van woede, bitterheid, sinneloosheid, ongeloof en vrees. Almal, wat uiteindelik vasgekeer raak deur sulke vure, leef en sterf in wanhoop. Daarom moet jy dadelik padgee, wanneer sulke vure in jou nabyheid begin brand. Moenie nog meer
Stephan Joubert
Jun 19, 2023


Vry van bitterheid
Bitterheid byt jou twee keer… nee, eintlik sommer drie, vier, vyf maal … Dit gebeur die eerste keer as iemand jou skade aandoen; die tweede keer as jy dit onthou; die derde keer as jy met woede daaraan terugdink en die vyfde en twintigste keer as jy dit nogmaals in jou kop herhaal. Of dit dalk vir die dertigste keer oorvertel. Bitterheid maak jou ‘n slaaf van diegene wat jou benadeel het. Jy verander in hulle slagoffer. Dalk het hulle al lankal vergeet van die seer, wat hulle
Stephan Joubert
Mar 5, 2021


Vier fees - die Gees is hier
‘n Amerikaanse navorsingspan het bevind dat wanneer ons gevoelens van frustrasie, woede of bitterheid ervaar, dan raak ons hartklop onreëlmatig, maar wanneer ons intense dankbaarheid beleef, dan is ons hartklop rustig. Gevoelens van dankbaarheid oefen ook ‘n kalmerende invloed op ons neurologiese en endokriene sisteme uit. Hoe groter ons gevoelens van vreugde is, hoe meer is ons totale menswees in resonansie. Dit beteken dat ons hartklop, bloeddruk, asemhaling, spysvertering
Stephan Joubert
Jan 22, 2021


Een dag in die poskantoor…
“Die diens is goor,” kla iemand voor my in die ry by die poskantoor. Sy kyk na my in die hoop dat ek haar woorde sal beaam. Maar ek sê niks. Toe sit sy haar hoop op die mense agter my. Uiteindelik kry hulle ‘n kwaai gesprek van soorte aan die gang oor hoe dinge in die land agteruit gaan. Net toe dit lyk of die beswaarde dame ‘n klein paleisrewolusie op die been gebring het, is dit haar beurt by die toonbank. Sy praat kwaai en beduie met haar hande. Toe dit my beurt is, sien e
Stephan Joubert
Jun 15, 2020
bottom of page