top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie
Die Engelse praat van “affluenza.” “Eindelose oordaad” sou dalk ‘n gepaste Afrikaanse ekwivalent wees. “Affluenza” word graag deur kritici gebruik, wanneer hulle na daardie eindelose verbruikersmentaliteit of “consumerism”, waarin ons wêreld vasgevang is, verwys. In teenstelling met die beroemde Franse filosoof, René Descartes, wat op sy dag gesê het: “Ek dink, daarom is ek,” sê baie mense vandag: “Ek verbruik, daarom is ek!” “Homo consumericus,”
Stephan Joubert
Dec 10, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020
bottom of page
