top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Ligloop vir vals vryhede
Die Gees het ons vrygemaak. Ons is lankal nie meer die mense, wat ons vroeër was nie. Gister se gemors is vir goed verby. Vandag is hier, die Here se vandag. Maar dit beteken nie ons het die vryheid om te doen wat ons wil nie. Allermins. Ook het ons nie die vryheid om ons nou besig te hou met beuselagtighede nie. Daarom kan ons nie, soos sommige Korintiërs, onsself troos met ‘n valse gerustheid dat alles nou wettig is vir ons nie. Want, sê Paulus, nie alles is noodwendig nutt
Stephan Joubert
Mar 26, 2021


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie
Die Engelse praat van “affluenza.” “Eindelose oordaad” sou dalk ‘n gepaste Afrikaanse ekwivalent wees. “Affluenza” word graag deur kritici gebruik, wanneer hulle na daardie eindelose verbruikersmentaliteit of “consumerism”, waarin ons wêreld vasgevang is, verwys. In teenstelling met die beroemde Franse filosoof, René Descartes, wat op sy dag gesê het: “Ek dink, daarom is ek,” sê baie mense vandag: “Ek verbruik, daarom is ek!” “Homo consumericus,”
Stephan Joubert
Dec 10, 2020


Dit is geen grap om so te sê nie
In Engels praat hulle van ’n “escape clause.” Vir jare lank het ek ook so iets in my agterkop gehad. Dit was my “get out of jail free” kaartjie. O ja, so klink dit: “Die Here ken my hart.” Ek het hierdie woorde graag gebruik wanneer ek misverstaan is. Of wanneer ek verkeerd was. Dan het ek iets gesê soos: “toemaar, julle verstaan my nie, maar gelukkig ken die Here my hart.” Dan was ek in my eie oë dadelik weer terug op die morele hoëgrond. Wel, dit was die geval totdat die He
Stephan Joubert
May 18, 2020


Daar’s nie genoeg plek in jou hart vir dubbele lojaliteite nie
Die wêreld waarbinne die Bybel ontstaan het was ’n wêreld propvol dooie gode en godinne. Dit was vir baie mense in daardie tyd vreemd om te moes hoor daar is net een ware God. Tog is dit nie net die reine waarheid nie; dit is ook bevrydend. Om ’n horde gode te moet dien is sieldodend. Letterlik! Jesus het gesê ons kan nie vir twee here tegelyk werk nie. Ons kan nie dubbele lojaliteite hê nie. Ons harte beskik nie regtig oor sulke kapasiteit nie.
Stephan Joubert
Apr 23, 2020
bottom of page
