top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Die huwelik hoort steeds in die paradys
Carmen LaBerge vertel in haar boek, “Speak the Truth: How to bring God back into Every Conversation”, dat daar in 2017 reeds 31 seksuele identiteite in New York was wat deur anti-diskriminasiewetgewing beskerm was. God verstaan egter nie sy kinders se identiteit in terme van derduisende seksualiteite van hierdie aard nie. Hy is op rekord in die Bybel dat man en vrou sy handewerke is. Mans en vroue is sy beelddraers. Nogtans setel ons identiteit heel eerste in Jesus.
Stephan Joubert
Feb 22, 2021


Om die son vas te hou
Elke keer as ek aansluit by God se besigtigingstoer deur die skepping saam met sy kneg Job vanaf Job 38, is ek van vooraf verstom. Hier hoor ek oor en oor hoe genadig en groot God is. Ek lees hier hoe Hy met Sy eie hande die aarde en die hemele kunstig aanmekaar gesit het. Sy almag en sy liefde skitter en skyn helderder as die son in al sy reuse handewerke.
Stephan Joubert
Feb 18, 2021


Veilige mense asook die regte reisgenote is God se lewende geskenke aan jou
Dit is nie aldag dat mense vir mekaar sê: “Ek voel veilig by jou nie!” Dit lyk my veilige mense is omtrent ewe skaars as veilige plekke hier in ons land. Veilige mense is diegene by wie jy jou hart groot kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Dit is diegene by wie jy jou hart kan uitstort sonder om bang te wees hulle sal dit aan ander gaan oorvertel. Sulke mense is kosbaarder as goud. Hulle is die Here se geskenke, wanneer die lewe hard en swaar is. Hulle is die Here se
Stephan Joubert
Feb 15, 2021


Oppas vir al die regte danspassies
Ek het een keer die verhaaltjie gelees van ‘n Indiaan, wat gereeld saam met ander Indiane hulle tradisionele reëndans uitgevoer het, maar sonder enige sukses. Toe hy by sy pa gaan kla dat hierdie danse geen effek het nie, het hy geantwoord: “Julle is meer besorg oor die verskillende danspassies, wat julle moet uitvoer, as oor die doel van julle dans!”
Stephan Joubert
Feb 11, 2021


Ek het méér as genoeg
Ek onthou hoe ‘n bekende Amerikaanse “celebrity” ‘n paar jare gelede iets gesê het, wat meer verstommend is as die “groot” uitdrukkings, waarvoor hy bekend geraak het, soos bv.: “I’ll be back.” Of daardie immergroene: “Hasta la vista, baby!” Ja, jy weet van wie ek praat. Dit is daardie kleurryke liggaamsbouer-akteur-politikus, Arnold Schwarzenegger. O ja, ek praat van die volgende opmerking wat hy kwyt geraak het, toe hy mense wou oortuig dat ekstra geld hulle nie gelukkiger
Stephan Joubert
Feb 8, 2021


Tel jou woorde, tel hul een vir een
Om een of ander rede meen sommige mense dat “mondsondes”, soos kwaadpraat, goor taal en skinder nie so ernstig is soos daardie eintlike “groot sondes” soos owerspel, korrupsie of dronkenskap nie. Daar is al wie weet hoeveel kerklike verslae opgestel oor die jongste openbare sondes van die dag. Maar, vreemd genoeg, beskou godsdienstiges dit nooit eintlik as ‘n ramp, wanneer mense orals van mekaar kwaadpraat of mekaar met hulle skerp tonge aan flarde skeur nie. In hierdie tyd v
Stephan Joubert
Feb 4, 2021


God laat ons snak na ons asem
In sy boek, The arithmetic of life and death (2001), kyk George Shaffner vanuit ‘n wiskundige hoek na die lewe. Hy bereken onder andere dat die wiskundige moontlikheid vir jouself om daardie 23 kromosome, waaroor jyself beskik, van jou ma te geëerf het, gelyk is aan een in tien miljoen. Dieselfde geld vir die 23 kromosome wat jy van jou pa gekry het. As jy hierdie twee vermenigvuldig, kom jy tot die slotsom dat vir jou, om jyself te kon wees, gelyk is aan die wiskundige moont
Stephan Joubert
Feb 1, 2021


Is Jesus se vriende ook jou vriende?
Spreuke sê ons moet dwase vermy. Ook moet ons uit die pad bly van skelms en skurke. Dit beteken egter nie ons moet almal systap met wie ons verskil nie. Ek praat nou van diegene van wie ons verskil oor geloof en ander kwessies in die lewe. Hiervan gepraat: hoeveel mense wat anders glo en leef as jyself, beskou jou as ‘n vriend van hulle? Of is jy dalk so vroom dat geen sondaar ooit naby jou wil kom nie? Jesus het vreemde vriende gehad. Hy word juis in Matteus 11:19 deur die g
Stephan Joubert
Jan 28, 2021


Die skaarsste item in 2021 is…
Een Amerikaanse studie, waarop ek onlangs my hand gelê het, bevind mediese kennis het in 1950 elke vyftig jaar verdubbel. In 1980 het dit versnel na elke tien jaar. Teen 2010 het dit drie en ’n halwe jaar geneem vir mediese kennis om te verdubbel, maar nou sal dit blykbaar elke 73 dae gebeur. Die spoed van kennisvermeerdering op alle terreine van die lewe is verbysterend. Ongelukkig groei wysheid nie ewe vinnig nie. Inteendeel. Ons weet meer en meer van alles, maar ons weet a
Stephan Joubert
Jan 25, 2021


Die Stormloper is naby
Een van die vroegste simbole wat die eerste Christene gebruik het, was dié van ’n visserskuit. Jesus se stilmaak van die storm en sy waterloop daar in Mattheus 14 was diep in hulle geheue ingeprent. Hulle het geweet die kerk is nie ’n veilige hawe doer eenkant, doer ver buite die storm nie. Hulle het geweet hulle almal was aan boord van ’n klein skuitjie op die stormsee van die lewe. En Jesus, hulle Heer, was steeds hier op die stormwaters aan die soek na drenkelinge orals ro
Stephan Joubert
Jan 21, 2021


Wees ’n goeie tyd-uitkoper in 2021
’n Lywige 8,760 ure het toe deur 2020 se groot uurglas geloop. Dit was ’n jaar propvol onsekerhede en vreemde uitdagings. Hoe ons ook al oor die afgelope jaar voel, in 2021 moet ons met ses ratte vorentoe leef. Ons kan nie in neutraal rondstaan nie. Ons moenie in trurat probeer leef nie (nie dat die meeste mense 2020 sou wou oorhê nie). Verlede jaar sal definitief nie in die toekoms kwalifiseer vir “die goeie ou dae” nie. Hoe leef ons effektief en reg in 2021? Jeremia 31:21 r
Stephan Joubert
Jan 18, 2021


Padwysers vir 2021
Nuwejaarsbesluite is alweer in die lug. Goeie voornemens vir 2021 is egter nie genoeg nie. Die enigste keuses wat blywende verandering bring, is karakteraangedrewe keuses. Sulke keuses gaan daaroor dat ekself al hoe meer iemand na God se hart word. Daarom gaan ek my eie lewe in 2021 meer as ooit bou op die volgende pilare uit sy Woord
Stephan Joubert
Jan 4, 2021


“Carpe Manana”
Carpe diem - Gryp die dag! Ons het dit al baie kere gehoor. Maar hier teen die einde van ’n ontstuimige 2020 moet ons ook ’n ander uitdrukking hoor: carpe manana: Gryp die dag van môre! Môre hierdie tyd is dit volgende jaar. Die sand het regdeur 2020 se Korona-aangedrewe uurglas geloop. Nou word ons uitgedaag om vorentoe te stap. Die beste manier om dit te doen, is om ons hande in God se sterk hand te sit.
Stephan Joubert
Dec 31, 2020


Bou Jesus se legkaart met jou lewe
Ons lewe is ook soos ‘n legkaart waaraan ons elke dag ’n paar stukkies bou. Dit is baie belangrik dat ons moet weet hoe die groter prentjie van hierdie legkaart waaraan ons bou lyk. As ons dít nie weet nie bou ons dalk vir jare lank aan ’n lewensdroom net om op ’n goeie dag agter te kom dit is toe al die tyd die verkeerde prentjie. Kom ons leer by die apostel Paulus. Hy het sy eie lewe se legkaart geskoei op Christus. In Filippense 2:5 - 11 deel hy hierdie visie van sy Heer,
Stephan Joubert
Dec 28, 2020


God se vrede klink anders
“Joy to the world and peace on earth!” het die seremoniemeester entoesiasties vir almal tydens ’n “Kersliedere by Kerslig"-aand gesê. Toe prewel iemand onderlangs: “As dit wat ons nou in die wêreld beleef , vrede is, gee my dan liewers oorlog.” Nou ja, die wêreld ken tans nie te veel vrede nie. Die ganse wêreld is kop-onderstebo sedert die Corona-virus sowat ’n jaar gelde ongenooid hier tussen ons almal opgedaag het. Nogtans hoor ons weer hier teen die einde van ’n holdersteb
Stephan Joubert
Dec 24, 2020


Vergeet van nog ’n sarsie anti-Kersfees klagtes
‘n Mens kan darem ook nie deur enige Kersfeesseisoen gaan sonder om die normale sarsie klagtes aan te hoor oor die kommersialisering van hierdie feestyd nie. Ek onthou in my kinderdae was daar ‘n jaarlikse preek hierteen. O ja, daar is ’n klompie grootmense wat geen jaar laat verbygaan het sonder om te murmureer oor die “verwêreldliking” van Kersfees nie. Ek het nie ’n idee gehad wat hierdie woord beteken nie. Tog het ek agtergekom dit is party mense se tydverdryf om rondom h
Stephan Joubert
Dec 21, 2020


Is Openbaring 13 se merk ‘n verwysing na die entstof teen die Corona virus?
Openbaring 13:16 praat van ‘n merk op mense voorkop en regterhand wat deur ‘n Sataniese dier aangebring word op ryk en arm, klein en groot, slaaf en vry. Skielik is dit baie predikers se gunsteling teks om vir mense te probeer oortuig dat hierdie woorde na “dié entstof teen die Corona virus” verwys. Hoe moet ons dit verstaan?
Stephan Joubert
Dec 14, 2020


Ek is nie ’n verbruikerslaaf nie
Die Engelse praat van “affluenza.” “Eindelose oordaad” sou dalk ‘n gepaste Afrikaanse ekwivalent wees. “Affluenza” word graag deur kritici gebruik, wanneer hulle na daardie eindelose verbruikersmentaliteit of “consumerism”, waarin ons wêreld vasgevang is, verwys. In teenstelling met die beroemde Franse filosoof, René Descartes, wat op sy dag gesê het: “Ek dink, daarom is ek,” sê baie mense vandag: “Ek verbruik, daarom is ek!” “Homo consumericus,”
Stephan Joubert
Dec 10, 2020


Lag, dit is ’n opdrag!
Jordin Sparks skryf iewers: “If I don't laugh at least 20 times a day, it hasn't been a good day.” aie mense sal dadelik sê dit is naïef. Nogtans kry die meeste volwassenes dit sonder veel inspanning reg om 20 keer per dag te kla, te bekommer, of negatief te praat. In ’n nuwe boek oor die impak van humor (“Humour, Seriously”, 2020) verwys Jennifer Aaker en Naomi Bagdonas juis na navorsing wat bevind dat vierjariges sowat 300 keer per dag lag, terwyl dit veertigjariges ’n voll
Stephan Joubert
Dec 7, 2020


Jesus se groot uitdaging: Word kleiner!
Een van Jesus se uitdagendste leringe is dat as ons eerste wil wees, dan moet ons laaste wees. As ons groot wil wees, dan moet ons klein wees. Dit sê Hy onder andere vir sy dissipels in Markus 10:42 - 45. Van nature glo ons groot is groot en klein is klein, ook op geloofsterrein. Baie meen selfs dit is belangriker om ’n beroemde prediker of evangelis te wees as iemand wat tee skink by die kerk of wat die besoekers verwelkom. Die Here kies om te verskil. In sy oë is die belang
Stephan Joubert
Dec 3, 2020


Stil getrap!
“Ek het eintlik maar net geterg…” “Dit was alles in ’n goeie gees bedoel…” “Sy het nooit gekla nie…” Hierdie is tipiese reaksies wat kwyt geraak word, as mense soms van teistering beskuldig word. Ek lees juis van ’n dame wat in ’n anonieme brief in die koerant vertel sy het jare lank sulke teistering beleef, want haar baas het vir haar gesê sy sit sonder werk as sy hieroor sou kla.
Stephan Joubert
Nov 26, 2020
bottom of page
