top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leef binne-in Jesus se verhaal
Thomas Aquinas (1225 -1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld nog opgelewer het. Hy was legendaries vir sy harde werk en vir sy skerpsinnige nadenke. Sy nederigheid en sy toewyding aan God was ook wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God egter so intens beleef dat hy nie woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Aquinas het die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges mee
Stephan Joubert
Sep 9, 2021


Is God nog aan die stuur van sake?
“Hoekom gaan party mense dood aan Covid, maar ander mense oorleef?” “Het God hulle lewe se strepies getrek?” Hierdie tipe vrae is deesdae volop. Wel, daar is geen abstrakte gesprek aan die gang in die Bybel oor hoekom God die dood partykeer toelaat en ander kere nie. Of oor getrekte strepies nie. Deur die eeue heen het die kerk egter vasgeval in sulke gesprekke, wat rondom die Christendom afgespeel het oor die noodlot, voorsienigheid, en dies meer. Van toe af is gelowiges met
Stephan Joubert
Sep 6, 2021


Bou jou lewe op Rots wat nooit wankel nie
“I’ll huff and I’ll puff and I’ll blow the house down.” Onthou jy nog wolf se bekende woorde, kort voordat hy twee van die drie varkies se huisies omgeblaas het wat van strooi gebou was? Maar die derde een se huisie was van steen gebou. Daarom was wolf se asem dié keer nie sterk genoeg nie. Nou ja, groot krisisse blaas deesdae kliphard aan wie weet hoeveel mense se lewenshuise. Baie se hoop word deur Covid, misdaad en armoede weggeblaas. Hulle geluk, drome en veiligheid gaan
Stephan Joubert
Sep 2, 2021


God is nie net ’n Beloftemaker nie
Mense sê graag hulle staan op die Here se beloftes. Dit is reg, mits hulle ewe veel staan op die res van die Bybel. So nie, as hulle slegs aan God se beloftes vashou en niks verder weet van alles, wat Hy in die Bybel doen of sê nie, verskraal hulle Hom tot ’n hemelse Beloftemaker.
Ons almal moet die volgende Bybelse feit in ons geloofslewe baie ernstig opneem: God is nie net ’n Beloftemaker nie. Hy het het reeds Sy belangrikste beloftes van redding en genade in Christus waar
Stephan Joubert
Aug 30, 2021


Dank daardie goor leermeesters af
Toe ek lees van ’n tennisspeler, wat sy afrigter afgedank het, dink ek daar’s ook ’n paar “leermeesters” in my lewe, wat finaal die trekpas moet kry. Ek praat eerstens van my foute. Vir te lank het ek die spreekwoord geglo: “’n Mens moet uit jou foute leer.” Hierdie leermeester het my eintlik wys gemaak ek moet aanhou foute maak om aan te hou leer. Of so-iets! Jesus vertel my van ’n baie beter Leermeester, die Heilige Gees. In Johannes 14:26 hoor ek Hy lei ons in die waarheid
Stephan Joubert
Aug 26, 2021


Gewone mense maak vir die Here saak
Die evangelies vertel om elke hoek en draai vir ons hoe Jesus omgee vir stukkendes, uitgeworpenes, afgeskryfdes en randfigure. In Markus 2 sê Jesus juis ook dat Hy nie gekom het vir mense, wat meen hulle is op die regte pad nie, maar vir sondaars. Maar dit beteken nie dat ons eers supersondaars moet wees voordat Jesus ook kans sien om ons laste en oortredings op Sy skouers te tel nie. Ons hoef nie eers ’n rowwe lewe te geleef het nie. Ons hoef nie ‘n duiwelaanbidder of ‘n dwe
Stephan Joubert
Aug 23, 2021


God hou meer van ons as andersom
God hou meer van ons as andersom. Ons sing graag dat ons die Here lief het, maar te veel kere laat ons Hom in die steek. Dikwels gee ons meer vir onsself om as vir Hom. Ons stel ons eie belange te veel kere bokant God s’n. Nogtans, al het ons die Here nie altyd lief genoeg nie, het Hy ons onvoorwaardelik lief. Niks kan enigiets hieraan verander nie. Sy liefde strek vanaf Jesus se kruis tot in die verste ewigheid. Sy liefde het geen einde nie. Nie eens ons klein geloof, ons st
Stephan Joubert
Aug 19, 2021


Ek is dankbaar vir genade … regtig, ek is!
Ek is dankbaar vir genade. Nee, dit is nie net ’n cliché nie. Ek is my ganse lewe verskuldig aan die oorvloedige, gratis-en-verniet genade van God. Ek is so bly ek hoef nie met Hom te onderhandel om Sy guns te probeer wen nie. Of enige teenprestasies aan Hom te lewer in ruil vir Sy hulp nie. In die woorde van Miga 6:6 - 8 hoef ek ook nie gedurig reuse offers en duur geskenke na die Here toe te neem om Sy goedkeuring te behou nie. Ek weet Hy het my eerste lief gehad, nog lank
Stephan Joubert
Aug 16, 2021


Wees ’n lewende antwoord vir die Here
Eers was dit ver. Nou is dit naby. Ek praat van dié Virus. Vroeër het ander mense dit gekry. Nou gebeur dit sommer hier in ons eie huis. Skielik moet ons almal die dood, wat op ons eie voorstoeppe opgedaag het, hanteer. COVID is nie grappies nie. Ja, dit is verlede jaar se nuus dat die koronavirus die wêreld onherroeplik verander het. Maar hier in 2021 voel ons elkeen dit al hoe meer aan ons eie lywe. Ook is dit nie nuwe nuus dat daar derduisende godsdienstige verklarings is
Stephan Joubert
Aug 12, 2021


Elke dag tel!
Charles Francis Adams was die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje gedurende Abraham Lincoln se presidentskap. ’n Inskrywing in sy dagboek, gedateer 4 Junie, het gelui: “Wasted the whole day fishing with Jimmy. Didn't catch a thing.” Sy seun, Jimmy, se inskrywing in sy eie dagboek op daardie dag het egter die volgende gesê: “Went fishing with my dad. Best day of my life.” Wat ’n verskil tussen ’n pa en seun se belewenis van dieselfde dag. Een persoon se mislukte dag was ’n a
Stephan Joubert
Aug 9, 2021


As die dood te volop raak…
Vroeër was die dood nie so volop en so naby as tans met die derde golf van die Covid-pandemie nie. Ons almal beleef skielik hoe geliefdes en vriende rondom ons sterf. Ons beleef hoe baie mense veg vir hulle lewens. Daarom is dit nodig dat ons as gelowiges in hierdie tyd reg oor die lewe en die dood moet dink, soos wat die Nuwe Testament hieroor skryf:Die dood is nie vir God ‘n verleentheid nie. Christus hou die sleutels van die dood in Sy eie hand vas. (Op. 1:17 - 18)
Stephan Joubert
Aug 5, 2021


Ek bid as die land brand … en elke ander dag ook
Julie-maand was afbrandmaand in Suid-Afrika. Ons almal was (en is) nog besig om te treur oor soveel geliefdes, wat gesterf het as gevolg van Covid, toe bars chaos los. Winkelsentrums en fabrieke is geplunder en geboue is afgebrand. Dit was traumaties. Vanuit alle oorde is ons opgeroep om te bid. Terwyl ek dit gedoen het, het ek vir ’n oomblik gewonder hoekom roep mense mekaar eintlik net in krisistye op tot gebed. Voordat jy my verkeerd hoor, ons moet mekaar vir seker aanspoo
Stephan Joubert
Aug 2, 2021


Waarheid is nie outomaties te vind tussen die massas nie
Getalle as meetinstrument vir sukses is misleidend. Nee, getalle is nie onbelangrik nie. Wat sou die punt wees van enige webtuiste, saal, of stadion as daar nie genoeg mense is om byeenkomste daar by te woon nie? Maar dit is nie outomaties waar dat groter getalle gelyk is aan groter waarheid, wanneer dit by geloofsake kom nie. Jesus self was nie aldag beïndruk met groot skares nie. In Johannes 6 krimp Hy ’n skare van 5000 plus binne 24 uur tot slegs 12 dissipels. Aanvanklik,
Stephan Joubert
Jul 29, 2021


Hou op om ander mense te probeer verander
Hoekom wil party mense gedurig almal rondom hulle verander? Is dit dalk omdat hulle dink hulle eie lewens is reeds uitgesorteer? Al wat eintlik nog moet gebeur, is om ander mense sover te kry om presies soos hulle te wees. Wel, die Here roep ons nie om ander mense te probeer verander nie. Of die land nie. Of die wêreld nie. Wag, dit beteken nie ons het geen verantwoordelikheid teenoor mekaar nie. Tekste soos Genesis 4, Esegiël 18 en Matteus 18 sê juis dat ons het. Ons is aans
Stephan Joubert
Jul 26, 2021


Sit jou laste neer, vra die Heer
Iewers het ek die verhaal gelees van twee priesters, wat op reis was. Toe hulle by ’n rivier aankom, het daar ’n vrou hulpeloos rondgestaan. Sy kon nie op haar eie deur die rivier stap nie, omdat dit te sterk gevloei het. Toe vra sy of die priesters haar dalk kan deurhelp. Die jonger priester het geweier omdat dit teen hulle orde se reëls was om aan ’n vrou te raak. Maar die ouer priester het haar woordeloos op sy rug getel en haar deur die rivier gedra. Toe hulle later verde
Stephan Joubert
Jul 22, 2021


Die groot gelykmaker is nie die dood nie
'n Ou spreuk sê na elke skaakwedstryd beland al die pionne en die koning in dieselfde boks, bedoelende die dood is die groot gelykmaker. Dan maak dit nie saak of jy ’n koning of ’n pion was nie. Korreksie: die lewe is eintlik die groot gelykmaker. Wag, gelóóf is! Dit is geloof, wat die speelveld hier en nou en tot in die verste ewigheid uitsorteer. Jesus sê in Johannes 3 dat elkeen, wat in Hom glo, nou reeds aan die ewige lewe deel het. Dit begin hier en nou. Dit setel in Je
Stephan Joubert
Jul 19, 2021


Om Christus se hande en voete te wees
“The church has amputated its hands and feet and all that’s left, is its mouth,” sê Rick Warren. Dit het ek een keer beleef, toe iemand my vertel het van hulle gemeente se noodprojekte. Hulle gee daagliks etes vir massas mense uit hulle karige inkomste. Hulle kan nie eens ’n voltydse leraar bekostig nie, maar saam met ‘n deeltydse geestelike leier ondersteun hulle die armes. Toe kom sien ’n afgevaardiging van hulle denominasie hulle. Dié se aanbeveling was dat die gemeente al
Stephan Joubert
Jul 15, 2021


Moenie ’n geestelike konfytbottel wees nie
Al die konfytbottels op die winkels se rakke het vervaldatums. ‘Sell-by dates” noem die Engelse dit. Iewers verval hulle. Daarom word hulle goed gepreserveer sodat hulle ’n lang rakleeftydperk kan hê. Dit lyk my party gelowiges doen dieselfde met hulle geloof. Hulle is in selfpreserveringsmodus. Die meeste van hulle gebede gaan daaroor dat hulle beskerm moet word, nie dat hulle deur die Here gebruik moet word nie. En dat hulle veilig moet wees, nie dat hulle saam met Jesus in
Stephan Joubert
Jul 12, 2021


My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…
“My hande is afgekap.” Mense, wat dit sê, probeer eintlik vir jou sê hulle kan jou nie help nie. Wel, dalk moet ons vir mekaar sê dat ons nie net ons hande nodig het om mekaar te help nie. Dikwels is die heel beste hulp, wat ons kan gee, om net daar te wees vir mekaar. Nie ons woorde nie, nie ons dade nie, nie ons opinies nie - slegs ons daarwees is die meeste van die tyd nodig. Ek het dit geleer by ‘n leraarsvriend, wat reeds afgetree het. Ek onthou hoe almal in sy gemeente
Stephan Joubert
Jul 8, 2021


Gebede wat God se hart raak
Gebed is nie speletjies nie. Regtig, dit is nie! Om te bid is om in die teenwoordigheid van Hom te wees wat tyd en ewigheid in Sy hande vashou. Daarom dat Prediker 4:17 - 5:2 ons herinner dat ons gebedswoorde min moet wees. Dit moet goed deurdag wees. Jesus sê in dieselfde trant in Matteus 6 dat ons God nooit met ‘n massa woorde moet probeer beïndruk nie. Dit help nie. Hy is ons Vader. Hy weet by voorbaat wat ons nodig het. Nogtans storm ons nooit nonchalant of onvoorbereid b
Stephan Joubert
Jul 5, 2021


Geloof is nie ’n massaproduksieprogram nie
Elke mens op aarde is uniek. Elke kind van die Here is boonop ook nog op ’n unieke manier gered en herskep na die beeld van God. Ons elkeen het verskillende genadegawes of charismata by die Here ontvang, soos wat 1 Korintiërs 12 - 14 leer. Ons moet dit gebruik tot God se eer en tot voordeel van ander mense. Hierdie verskeidenheid en veelkleurigheid van God se genade bevorder juis die eenheid van Sy kerk. Anders gestel, ons geloof en ons genadegawes is nie deel van ’n massapr
Stephan Joubert
Jul 1, 2021
bottom of page
